Nuus 14:00
BULLETIN 2 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# EFF veroordeel swaar polisieteenwoordigheid tydens Kleinfontein-betoging
# SAFTU looi Ramaphosa se WVK-ondersoek as verkwistend
# En, Wes-Kaapse DA vra vir nog skorsings oor die dood van ‘n gevangene
# Die EFF in Gauteng sê die swaar polisie- en privaat sekuriteit-teenwoordigheid tydens vandag se vreedsame optog na die wit-Afrikaner-nedersetting Kleinfontein naby Pretoria, was onnodig en kom neer op staatsintimidasie. Volgens die party is meer as 50 polisievoertuie ontplooi om wit belange te beskerm, terwyl geweldsmisdaad steeds townships soos Soshanguve en Mamelodi teister. Dumisani Baleni van die EFF sê Kleinfontein verteenwoordig rassisme en moet val.
# Die South African Federation of Trade Unions het president Cyril Ramaphosa se besluit veroordeel om ‘n regterlike kommissie te stig om vertragings in die vervolging van misdade uit die apartheid-era te ondersoek. SAFTU se woordvoerder, Newton Masuku, voer aan dat die regering die Waarheids- en Versoeningskommissie se aanbevelings moet implementeer in plaas daarvan om nog ‘n duur ondersoek te loods. Hy het beklemtoon dat vorige kommissies, insluitend die Zondo- en Marikana-ondersoeke, min optrede opgelewer het, wat dié nuwe poging ‘n vermorsing van belastingbetalersgeld maak.
# Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, om vinnig op te tree met die dood van ‘n gevangene Quinton Fortuin in die Goodwood-gevangenis in Kaapstad en om te verseker hoëvlak skorsings word gedoen en mense word gedissiplineer. Nicholas Gotsell van die DA sê ‘n nadoodse en voorlopige ondersoekverslag van die Geregtelike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste het bevestig hy is Februarie vanjaar dood weens veelvuldige besering en hy is deur ‘n hond aangeval:
# Die Freedom Flotilla Coalition sê sy hulpskip, die Conscience, is vroeg vanoggend deur hommeltuie in internasionale waters aan die kus van Malta getref. Hy het beplan om na Gaza te vaar om Israel se onwettige beleg en blokkade daar uit te daag. Die Maltese regering sê ‘n brand aan boord is onder beheer gebring en niemand is beseer nie. Die nieregeringsorganisasie het ‘n beroep gedoen op Israeliese ambassadeurs om verantwoording te doen vir die skending van internasionale reg, en die voortdurende blokkade en bombardering van die vaartuig. Die Israeliese weermag sê hulle ondersoek die aanval.
# Rugby: Die Blitsbokke is oorgehaal vir ‘n sprankelende einde aan hul seisoen by die sewes-Wêreldkampioenskap in Los Angeles. Afrigter Philip Snyman sê hierdie laaste toernooi gaan hul jaar definieer, met Suid-Afrika wat in Groep A te staan kom teen Frankryk, Groot-Brittanje en Argentinië. Hy glo die span se energie en voorbereiding vir die belangrikste sewes-naweek van die jaar wat voorlê, sal deurslaggewend wees:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 20-rand-84-sent teen die euro en 24-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-21-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-258-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….