Eko-minuut 13:30
BULLETIN 2 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê hy hou voortdurend die invloei van water in die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel dop. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê disom te verseker dat die nodige voorsorgmaatreëls getref is ingevolge damveiligheidstandaarde en hidrologiese moniteringstelsels. Sy sê die watervlakke van die Vaaldam is op 113,25-persent, die Bloemhofdam op 113,09-persent en die Vanderkloofdam op 108,31-persent:
# Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kragprodusentevereniging sê die hersiening van 82 tariefkodes vir son-, wind- en batterykrag het onverwags gebeur, met min duidelikheid oor hoe tariewe direk tot lokalisering sal lei. Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika hersien die kodes, wat alles insluit van sonpanele en kragopwekkers vir windturbines tot litium-ioonbatterye en aluminium. Die vereniging sê sonder volgehoue vraag in die Geïntegreerde Hulpbronplan, is dié poging nutteloos.
# En laastens: Amerika se Departement van Justisie verdedig die Wet op Skoon Lug – ‘n federale wet wat die Omgewingsbeskermingsagentskap magtig om lugvrystellings te reguleer. Dit kom terwyl die state Hawaii en Michigan regstappe teen fossielbrandstofmaatskappye beplan weens skade as gevolg van die klimaatkrisis. Die departement beweer in sy teenoptrede dat Hawaii en Michigan die bedoeling van die Wet oortree het. Die departement sê albei state se wette reguleer onregmatig die vrystelling van kweekhuisgas buite die staat en belemmer die wet se omvattende federale-staatsraamwerk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….