Nuus 13:00
BULLETIN 2 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Basiese Onderwys waarsku ongesertifiseerde onderwysers staar ontslag in die gesig
# Staatsdiensvakbond herhaal oproep vir onmiddellike veiligheidsoudit van alle staatsgeboue
# En, Amerikaanse departement van Justisie verdedig Wet op Skoon Lug
# Die Departement van Basiese Onderwys het ‘n streng waarskuwing aan byna 500 onderwysers uitgereik wat onderrig gee sonder die verpligte sertifisering van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders. Amptenare sê die opvoeders kan ontslaan word as hulle nie daaraan voldoen nie. Die departement beklemtoon dat sertifisering noodsaaklik is vir die handhawing van beroepstandaarde en die versekering van gehalte-onderwys. Intussen het die raad beklemtoon dat die indiensneming van ongeregistreerde of ongekwalifiseerde onderwysers ‘n oortreding is, wat tot strawwe, insluitend boetes of gevangenisstraf, kan lei.
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle is bekommerd oor die tydelike plan van Gauteng se Onderwysdepartement om die leerders van die Riverlea High School in die skoolsaal te akkommodeer, terwyl hy vier mobiele klaskamers aanskaf. Elf klaskamers, meubels en die seuns se toiletblok het verlede Sondag afgebrand. Volgens ‘n voorlopige verslag is die brand dalk gestig en hou dit moontlik verband met voortdurende kabeldiefstal in die gebied. Olivia Mashigo van die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle eis ‘n volledige en onmiddellike veiligheidsoudit van alle regeringsgeboue:
# Amerika se Departement van Justisie verdedig die Wet op Skoon Lug – ‘n federale wet wat die Omgewingsbeskermingsagentskap magtig om lugvrystellings te reguleer. Dit kom terwyl die state Hawaii en Michigan regstappe teen fossielbrandstofmaatskappye beplan weens skade as gevolg van die klimaatkrisis. Die departement beweer in sy teenoptrede dat Hawaii en Michigan die bedoeling van die Wet oortree het. Die departement sê albei state se wette reguleer onregmatig die vrystelling van kweekhuisgas buite die staat en belemmer die wet se omvattende federale-staatsraamwerk.
# Motorsport: Lando Norris van McLaren hou vol hy is nie bekommerd dat sy spanmaat, Oscar Piastri, die voortou geneem het as nuwe leier in die bestuurderskampioenskap nie. Die Brit het die seisoen se eerste wedren in Australië gewen, terwyl Piastri daarna drie oorwinnings behaal het. Aan die vooraand van hierdie naweek se Miami Grand Prix, is die Australiër nou tien punte voor in die kampioenskap. Norris sê die span werk hard om hom meer gemaklik met die motor te maak:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 20-rand-91-sent teen die euro en 24-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-649-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-263-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-69-sent per vat.
# En laastens, die Oscar-wenner George Clooney het sy heel eerste Tony-benoeming ontvang vir sy Broadway-debuutoptrede in Good Night, and Good Luck. Die toekennings vereer uitnemendheid in Broadway-teater oor die afgelope jaar. Audra McDonald het haar elfde benoeming ontvang vir haar rol in Gypsy, wat haar die persoon maak wat die meeste benoemings in die geskiedenis ontvang het. Die produksies Buena Vista Social Club, Death Becomes Her, en Maybe Happy Ending spog elkeen met tien benoemings. Die 78ste Tony-toekenningseremonie word op 8 Junie deur die Wicked-ster, Cynthia Erivo, aangebied.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….