Nuus 09:00
BULLETIN 2 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD Party sê die nuwe ondersoek na WVK-sake moet politieke rekenskap bevestig
# Minister Kubayi veroordeel die moord op ‘n Oos-Kaapse aanklaer, Elona Sombulula
# En, boks: SA se Kevin Lerena verdedig sy WBR-superligswaargewig-titel suksesvol op eie bodem
# Die GOOD Party sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die sake wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie aanbeveel is met dringendheid vervolg, aangesien hy dit steeds kan doen. President Cyril Ramaphosa gaan ‘n regterlike kommissie van ondersoek aanstel om te bepaal of iemand probeer om die ondersoek of vervolging van misdade te dwarsboom wat die WVK uit die apartheidsera na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys het. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die WVK het meer as 400 sake verwys:
# Die pas aangestelde direkteur-generaal vir Handel, Nywerheid en Mededinging, Simphiwe Hamilton, sê hulle is bewus van moontlike korrupsie in die voorgestelde Hervormingsfonds van 100-miljard-rand. Die regering sê hy dink die fonds sal help om die doeltreffendheid van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging se besteding te verbeter. Hamilton sê die struktuur rondom die fonds sal enige moontlikheid van ampsmisdryf bekamp. Hy sê die fonds sal gereeld aan die BBBEE-kommissie en die Parlement verslag doen om deursigtigheid te verbeter.
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die sinnelose moord op ‘n 30-jarige Oos-Kaapse aanklaer, Elona Sombulula, veroordeel. Sy is vroeër die week in Ngcobo doodgeskiet. Kubayi se woordvoerder, Terrence Manase, sê die minister staan saam met die Nasionale Vervolgingsgesag en alle aanklaers wat dikwels onder moeilike omstandighede voortgaan om die publiek met integriteit en moedigheid te dien:
# Die Verenigde Nasies se Noodverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, het Israel se besluit om humanitêre hulp te staak as ʼn wrede, kollektiewe straf teen die Palestynse bevolking beskryf. Geen kos, water of mediese voorraad word sedert 2 Maart toegelaat om die Gaza-strook binne te gaan nie. Dit kom terwyl Israelse magte voortgaan om die gebied te bombardeer en volgens berigte is minstens 30 Palestyne Woensdag dood. Fletcher sê hulp en die burgerlike lewens wat dit red, mag nooit ʼn bedingingsfaktor wees nie.
# Boks: Suid-Afrika se Kevin Lerena het sy Wêreldboksraad-superligswaargewigtitel behou deur Serhiy Radchenko van Oekraïne in die derde van 12 rondes in die BetSun Arena in Pretoria te klop. Dit is die eerste WBR-wêreldtitelgeveg in Suid-Afrika. Die superligswaargewig-afdeling is tussen die kruisgewig- en swaargewigafdelings om kleiner swaargewigboksers te akkommodeer. Lerena sê hy is verheug oor die oorwinning en dat hy op eie bodem geskiedenis kon maak:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-46-sent teen die dollar, 20-rand-87-sent teen die euro en 24-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-217-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-254-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….