Nuus 09:00
BULLETIN 1 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
#Die Polisie bevestig stukke van ‘n motor is by die Hennopsrivier gevind
#SANParke doen vandag ‘n lugopname van die brandskade by Silvermyn
# En, Amerika en Oekraïne onderteken kritieke ooreenkomste oor minerale
# Die polisie het bevestig dat die soek- en reddingspanne stukke van ‘n voertuig – insluitend ‘n voor- en agterbuffer – by die Hennopsrivier in Centurion gevind het. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê kenners probeer vasstel of dit met die Volkswagen Polo verbind kan word waarmee die polisiekonstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge van Bloemfontein na Limpopo gereis het:
Die Vrystaat-voorsitter van Popcru, Thabo Lefalatsa, sê intussen ’n biddiens sal gehou word om hulde te bring aan drie polisielede wat dood in die Hennopsrivier gevind is. Hulle liggame is na ‘n soektog van verskeie dae uit die rivier herwin. Lefalatsa het aan SABC-News gesê hulle dood is ‘n verlies vir die nasie:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke doen vandag ‘n lugopname om brandskade in die Silvermine-gedeelte van Tafelberg Nasionale Park in die Wes-Kaap te bepaal. Die publiek word gevra om nie bekommerd te wees oor ‘n laagvlieënde SANParke-helikopter nie. Alhoewel die brand nou onder beheer is, bly gebiede soos Tokai, Silvermine, Constantianek en Clovelly gesluit weens smeulende puin en onstabiele terrein. Die Chapmanspiek- en Oos-Fortroetes sal vandag weer oopmaak.
# Amerika en Oekraïne het ‘n ooreenkoms onderteken waarmee die VSA toegang sal kry tot Oekraïne se skaars aardminerale in ruil vir die vestiging van ‘n beleggingsfonds in dié land. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sou die ooreenkoms in Februarie tydens sy besoek aan Amerika sluit, maar dit het agterweë gebly toe die besoek kortgeknip is weens ‘n die plofbare vergadering in Trump se kantoor. Oekraïne het neerslae van 22 van die 50 stowwe wat die Amerikaanse Geologiese Opname as kritiek bestempel en sommige vir elektronika, skoon energietegnologie en wapenstelsels gebruik word.
# En tennis: Die voormalige Roland Garros-wenner Jim Courier sê Novak Djokovic se skok-onttrekking van volgende week se Italiaanse Ope behoort ‘n groot bekommernis vir sy aanhangers te wees. Dit beteken die 24-malige Grand Slam-kampioen gaan Roland Garros aanpak sonder enige oorwinnings hierdie seisoen op klei. Die Serwiër was die afgelope tyd glad nie op sy beste nie en is deeglik verslaan in sy openingswedstryde by die Meesterstoernooie in Monte Carlo en Madrid. Die verwagting was dat sy kleiseisoen in Rome sou afskop voordat hy na Parys terugkeer, maar hy het Dinsdag onttrek sonder om ‘n rede te gee.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….