Nuus 06:00
BULLETIN 4 Januarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrikaners word gevra om ‘n begroting ‘n lewenswyse te maak
# Toetsing by grensposte word opgeskerp om die verspreiding van cholera te keer
# En krieket, ‘n rekord-aantal paaltjies val op die eerste dag op Nuweland
# Finansiële kenners moedig Suid-Afrikaners aan om die opstel van ‘n begroting ‘n lewenswyse te maak, en beklemtoon die belangrikheid dat elke rand moet tel. Ou Mutual se hoof van Finansiële Opvoeding, John Manyike, het aan eNCA gesê begroting is ‘n uiters belangrike finansiële dissipline wat nodig is vir oorhoofse finansiële welstand. Hy sê terwyl baie Suid-Afrikaners begrotings opstel, bly dit vir talle ‘n uitdaging om daarby te hou:
# Die Gesondheidsdepartement het gereageer op die cholera-uitbreking in buurlande deur gesondheidstoetse en -opvoeding by grensposte op te skerp. In samewerking met belanghebbers soos die Grensbeheerowerheid word pogings aangewend om oordrag oor grense te verhoed. Die woordvoerder, Foster Mohale, pleit by reisigers wat terugkeer van gebiede waar cholera endemies is, insluitend Zimbabwe, om waaksaam te wees, met gesondheidsbeamptes saam te werk en openlik te wees oor simptome:
# Die Thabo Mbeki-stigting het gerugte ontken wat op sosiale media versprei word oor die dood van die voormalige president van Suid-Afrika. Die stigting sê Mbeki se gesondheid is goed, en vra omsigtigheid oor inligting op sosiale media. Soortgelyke vals gerugte is in 2016 versprei en het in 2021 weer opgeduik. Die stigting bevestig Mbeki sal na verwagting deel wees van die politieke toneel, veral in aanloop tot die land se algemene verkiesing.
# Pikitup het maatreëls ingestel om Johannesburg ná die vakansiedae op te ruim. Meer personeel is aangewys en vullisverwydering verhoog om van agterstallige afval ontslae te raak. Sement-, swaai- en stortbak-asblikke is in die stadskern geplaas, terwyl werkers van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram help terwyl permanente personeel afwesig is. Die nutsmaatskappy verwag sy permanente personeel sal teen middel-Januarie weer aan diens wees.
# Swede het gister sy koudste Januarie-nag in 25 jaar aangeteken met ‘n lesing van minus 43,6-grade Celsius in die verre noorde, toe skielike koue die land en die naburige Finland getref het. ʼn Temperatuur van minus 49-grade is in Januarie 1999 in Swede aangeteken, wat die rekord van 1951 geëwenaar het. Verskeie ander weerstasies het temperature van laer as minus 40-grade in die noordelike dele van Swede aangeteken.
# Krieket: Suid-Afrika sal sy tweede beurt hervat op 62 vir drie op die tweede dag van die tweede en laaste toets teen Indië op Nuweland in Kaapstad nadat ‘n rekord 23 paaltjies gister getuimel het. Die Proteas is eers uitgeboender vir net 55 lopies. Mohammed Siraj het ses paaltjies geneem en Kyle Verreyne en David Bedingham was die enigste twee kolwers om dubbelsyfers te haal. Indië het op 153 vir vier gestaan voor Lungi Ngidi and Kagiso Rabada in die volgende twee boulbeurte elk drie paaltjies geneem het sonder dat enige lopies bygekom het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-748-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-43-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….