Nuus 14:00
BULLETIN 29 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika sê aan Internasionale Geregshof Israel tree straffeloos op in besette Palestina
# SANParke maan publiek om sluiting van stap- en bergfietsroetes op Tafelberg te gehoorsaam
# En, Carney wil Trump in handelsoorlog klop nadat hy nog ‘n termyn vir sy Liberale Party wen
# Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof meegedeel dat Israel straffeloos optree in besette Palestynse gebiede en doelbewus hulp aan Gaza blokkeer. Die Hof hou hierdie week openbare verhore oor ‘n versoek vir ‘n raadgewende mening oor Israel se verpligtinge ingevolge internasionale reg. Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, het in ‘n mondelinge voorlegging in Den Haag in Nederland, gesê dit het die streek na hongersnood gedryf en verteenwoordig volksmoord en apartheid:
# SANparke vra die publiek om die sluiting van stap- en bergfietsroetes streng te gehoorsaam en die Silvermine-, Tokai- en Boyes-rylaan-gebiede van die Tafelberg Nasionale Park te vermy. SANParke sê hy gaan voort om veldbrande in samewerking met sy strategiese vennote te bestry en opvlammings te monitor. Woordvoerder JP Louw sê nog ‘n opvlamming het in die vroeë oggendure op Chapman’s Peak voorgekom en brand in die rigting van Houtbaai:
# Kanada se eerste minister, Mark Carney, het belowe om Amerika in Donald Trump se handelsoorlog te klop nadat hy die verkiesing gewen en nog ‘n termyn vir sy Liberale Party verseker het. China het in reaksie gesê hy is oop vir sterker bande. Die hoof van die Europese Unie sê die blok sal met Carney saamwerk om regverdige handel te bevorder. Carney se veldtog is oorheers deur Trump se tariewe en dreigemente van anneksasie, maar hy het ‘n nuwe pad beloof in ‘n wêreld wat fundamenteel verander is deur Amerika se vyandigheid teenoor vrye handel.
# Gemengde Gevegskuns: Die sportsoort maak volgende jaar sy debuut by die Asiatiese Spele wanneer Japan die vasteland se grootste sportbyeenkoms aanbied. Tydens ‘n byeenkoms in die gasheerstad Nagoya, is krieket ook formeel goedgekeur vir insluiting by die Spele. Gemengde Gevegskuns sal ses items insluit tydens sy debuut by die Asiatiese Spele en as ‘n dissipline onder gevegsport geklassifiseer word. Tot 15-duisend atlete kan van 19 September tot 4 Oktober by die Spele meeding, wat meer is as tydens die Olimpiese Spele.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-53-sent teen die dollar, 21-rand-9-sent teen die euro en 24-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-96-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-311-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-71-sent per vat.
# En laastens, Ryan Coogler se riller, Sinners, met Michael B. Jordan in die hoofrol, doen in sy tweede week na vrystelling steeds die beste by kaartjiekantore. Die fliek het reeds meer geld by Amerikaanse kaartjiekantore gemaak as Disney se Snow White. Star Wars: Episode III – Revenge of the Sith is tweede, gevolg deur Ben Affleck se The Accountant 2. Warner Brothers se film gebaseer op die videospeletjie, A Minecraft Movie, met Jack Black en Jason Momoa, is nou vierde en Sony se riller, Until Dawn, is vyfde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….