Nuus 08:00
BULLETIN 29 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement verwelkom die skikking buite die hof in die BTW-saak
# Panyaza Lesufi stel ‘n forensiese firma aan om kantoorhuurkontrakte te ondersoek
# En die kardinaalsvergadering om ‘n nuwe pous te kies, begin op 7 Mei
# Die Parlement se voorsittende beamptes verwelkom die ooreenkoms oor die BTW-verhoging en fiskale raamwerk wat buite die hof bereik is. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die voorgestelde BTW-verhoging van 0,5-persent opgeskort en die maatreël amptelik geskrap. Die hof het die bevel uitgereik in die DA en EFF se saak om die BTW-verhoging tersyde te stel. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê dit bring ‘n oplossing vir ʼn ingewikkelde saak van groot nasionale belang:
Cosatu sê intussen die opskorting van die 0,5-persent BTW-verhoging sal verligting vir miljoene werkers bring wat sukkel op kop bo water te hou met stygende lewenskoste. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê wat nou nodig is, is ‘n eenvoudige aanpassing van die begroting se bestedingstoewysings:
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het ʼn onafhanklike forensiese firma aangestel om bewerings van verkwistende uitgawes te ondersoek wat verband hou met die huur van kantoorruimte vir staatsdepartemente. Die LUR vir Infrastruktuur, Jacob Mamabolo, het onlangs onthul dat 34-miljoen-rand maandeliks aan die huur van kantore bestee word, al besit die provinsie 42 leë kantoorgeboue. Die provinsiale regering se woordvoerder, Vuyo Mhaga, sê die ondersoek sal bepaal of die huurooreenkomste waarde vir geld bied en of daar moontlik verkeerd opgetree is:
# Die kardinaalsvergadering om ʼn nuwe pous te kies, begin op 7 Mei agter geslote deure in die Sistynse Kapel. Dit volg ná pous Franciskus, wat op Paasmaandag dood is, se begrafnis. Pous Franciskus het 108 van die 135 lede van die Kollege van Kardinale jonger as 80, wat geregtig is om die volgende pous te kies, aangestel. Drie-en-vyftig van die stemgeregtigde kardinale is Europees. ʼn Nuwe pous moet ʼn twee-derde-meerderheid kry. Die vorige twee kardinaalsvergaderings wat in 2005 en 2013 plaasgevind het, het twee dae geduur.
# Krieket: Die 14-jarige Vaibhav Suryavanshi het geskitter in die Indiese Premierliga-kragmeting waar Rajasthan Royals die Gujarat Titans met agt paaltjies verpletter het. Gujarat het 209 vir vier op die telbord geplaas. In antwoord daarop het Suryavanshi die tweede vinnigste honderdtal in IPL-geskiedenis behaal en die jongste speler geword wat ʼn T20-honderdtal aanteken. Hy is uitgeboul op 101 van 38 balle en Rajasthan het die teiken bereik met 25 balle en agt paaltjies wat oorbly. Hierdie sege hou Rajasthan se skrale hoop om die uitklopfase te haal, lewend.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-53-sent teen die dollar, 21-rand-11-sent teen die euro en 24-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-747-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-314-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….