Nuus 11:00
BULLETIN 28 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Forum for South Africa sê Suid-Afrikaners ly nog steeds onder die uitdagings van wetteloosheid en geslagsgeweld
# Die Tafelberg-brand woed voort
# En, Tennis: Alexander Zverev dring deur in Madrid, maar Andrey Rublev word uitgeskakel
# Die Forum for South Africa sê selfs ná 30 jaar van sogenaamde vryheid, word die land steeds gekonfronteer deur uitdagings soos wetteloosheid, misdaad, korrupsie, werkloosheid, geslagsgeweld en onbeskermde grense. Die president van FOSA, Tebogo Mashilompane sê die forum kan dit nie vryheid noem, wanneer jeugwerkloosheid bo 70-persent is en gewone mense onveilig in hul eie huise voel nie:
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê onderwyshervorming bly ‘n hoogs betwiste gevegsterrein sedert wyle oudpresident Nelson Mandela in 1995 die Nasionale Kommissie van Onderwys aangestel het. Hy sê die deure vir leer en onderrig is wel oop vir almal, maar Suid-Afrika het nog ʼn lang pad voor om die skeiding tussen openbare en privaat skole te oorbrug. Makaneta sê oorvol skole bly ʼn probleem, veral in townships en landelike gebiede:
# Pogings om die brand te blus wat tans in die sentrale en suidelike dele van die Tafelberg Nasionale Park by Kaapstad woed, is deur die nag voortgesit met ongeveer 250 brandbestryders van verskeie agentskappe wat onvermoeid gewerk het. Die brand is steeds nie onder beheer nie en brand tans naby Boyes-rylaan bokant St. James en Kalkbaai. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê bestryders fokus steeds daarop om te keer dat die brand nabygeleë gemeenskappe bereik:
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die Departement van Verdeding se plan veroordeel om 181-miljoen-rand te bestee aan die aankoop van ‘n klaarblyklik vervalle gebou in Midrand, Johannesburg. Claude Naiker van die vereniging sê die plan om ‘n gebou in Halfway Gardens aan te koop, ten spyte van ‘n inspeksieverslag wat strukturele gebreke aandui, lyk na korrupsie en die Spesiale Ondersoekeenheid moet onmiddellik ingryp:
Tennis: Die wêreld se tweedebeste speler, Alexander Zverev, moes Sondag alles uithaal om Alejandro Davidovich Fokina in die derde ronde van die Madrid Ope te klop met 2-6, 7-6, 7-6. Die tweemalige toernooi-kampioen speel volgende teen Francisco Cerundolo van Argentinië, wat sy landgenoot Francisco Comesana in skoon stelle geklop het. Andrey Rublev het vroeër teen Alexander Bublik van Kazakstan vasgeval met 6-4, 0-6, 6-4. Bulbik pak Jakub Mensik van Tsjeggië volgende nadat die 19-jarige Tsjeg met die 12de gekeurde Ben Shelton klaargespeel het met 6-1, 6-4.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….