Nuus 16:00
BULLETIN 24 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa vra ‘n onvoorwaardelike wapenstilstand in die Russies-Oekraïnse konflik
# Die Patriotic Alliance sê die DA behoort nie erkenning te kry vir die skrapping van die BTW-verhoging nie
# En sokker: Mamelodi Sundowns pak Al Ahly môreaand in Kaïro
# President Cyril Ramaphosa het sy pleidooi hernu vir ‘n onmiddellike en onvoorwaardelike wapenstilstand in die Russies-Oekraïnse konflik. Ramaphosa en die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, vergader in Pretoria en Ramaphosa het Suid-Afrika se rol in die Afrika-vredespoging beklemtoon, wat deurentyd gepleit het vir vrede, diplomasie en dialoog. Hy sê dit is nie net ‘n beroep vir die beëindiging van vyandelikhede nie, maar ook vir die terugbesorging van Oekraïense kinders wat na Rusland geneem is:
# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se besluit verwelkom om die voorgestelde verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW terug te trek. Uitvoerende hoof Alan Mukoki waarsku egter dat dit nie Suid-Afrika se ernstige skuld- en begrotingsuitdagings oplos nie. Hy beklemtoon die behoefte aan kundige finansiële ontleding op alle regeringsvlakke en doen ’n beroep vir dringende samewerking oor politieke skeidslyne heen. Mukoki sê ‘n BTW-verhoging sou sakevertroue skade aandoen en ekonomiese stagnasie en werkloosheid verder vererger.
Die Patriotic Alliance het die DA intussen gekritiseer omdat hy erkenning aanvaar vir die skrapping van die verhoging. Volgens die party het die DA gepoog om die BTW-verhoging uit te buit deur aan te dring op privatisering en ander politieke eise, soos die verwydering van die Nasionale Gesondheidsversekering en die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Kenny Kunene van die party het die DA ook beskuldig dat hy probeer het om die begrotingsproses te manipuleer vir politieke gewin, insluitend om posisies in die regering te eis:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die stad Tshwane beveel om nie langer die die krag na die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, se huis te sny nie. Dit spruit uit ‘n betwiste rekening van 800-duisend-rand wat terugdateer na 2015. Letsoalo beweer hy het weens faktuurfoute en die afwesigheid van state maandeliks op grond van skattings betalings doen. Volgens hom was die rekening waarvoor hy die staat ontvang het ook nie syne nie. Regter Nomsa Khumalo het die metro beveel om binne 30 dae ‘n oplossing te vind en Letsoalo se regskoste te betaal.
# Sokker: Mamelodi Sundowns kom môre in Kaïro teen die Egiptiese span Al Ahly te staan in die tweede wedstryd van hul CAF Kampioeneliga-halfeindstryd. Die eerste wedstryd in Pretoria het sonder doelle gelykop geëindig. Sundowns se hoofafrigter, Miguel Cardoso, sê hulle behoort in staat te wees om te wen ondanks die moelike omstandighede. Die tuisspan se hoofafrigter, Marcel Koller, glo sy span kan die taak in die Egiptiese hoofstad afhandel nadat hulle Downs nie toegelaat het om die wedstryd op Loftus te beheer nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-68-sent teen die dollar, 21-rand-24-sent teen die euro en 24-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-696-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-337-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….