Nuus 14:00
BULLETIN 23 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Inflasie daal tot 2,7-persent in Maart, die eerste daling in vyf maande
# ‘n Werkgroep word gestig om Suid-Afrika se ferrochroom-bedryf te versterk
# En 7,1-miljoen-rand word betaal aan vier geskorste Gautengse amptenare
# Suid-Afrika se verbruikersinflasie het in Maart tot 2,7-persent gedaal, wat die eerste daling in vyf maande is. Statistieke Suid-Afrika sê die jaar-tot-jaar verandering in die verbruikersprysindeks het gedaal vanaf drie-persent in Februarie tot die laagste vlak sedert Junie 2020. Patrick Kelly van Statistieke SA sê die hoofbydraers tot die afname was laer voedselpryse en ‘n daling in brandstofpryse:
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het ‘n werkgroep bestaaande uit belanghebbendes aangekondig om Suid-Afrika se ferrochroom-sektor te versterk. Die metaal is noodsaaklik vir die produksie van ekovriendelike vlekvrye staal wat uiters belangrik is vir die groen ekonomie. Tau beklemtoon dat Suid-Afrika moet aanpas by globale veranderings, en groen waterstof en groen ammoniak as hervormende geleenthede vir ekonomiese groei uitgewys. Suid-Afrika is die grootste produsent van titaan-houdende vlekvrye staal buite China en Europa, en Tau beklemtoon Suid-Afrika mik daarna om wêreldwyd mededingend te bly.
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta vra die burgerlike samelewing om vandag die onderwysersvakbond Sadou se nasionale versetoptrede teen besnoeiings in openbare onderwys te steun. Makaneta waarsku aanhoudende begrotingsbesnoeiings bedreig die gehalte van onderwys, wat lei tot oorvol klasse, swak infrastruktuur en personeeltekorte. Hy sê hierdie krisis raak leerders sowel as onderwysers, en versoek alle Suid-Afrikaners om onderwysbefondsing te verdedig ter wille van die land se toekoms:
# Vier werknemers van die Gautengse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling is tot 7,1-miljoen-rand betaal terwyl hulle tot vyf jaar lank geskors was. Die aanklagte sluit bedrog, omkopery en die misbruik van petrolkaarte in. Volgens die DA is slegs twee sake afgehandel, wat tot afdankings gelei het, maar die ander twee sake is steeds onopgelos. Die party het die oponthoud gekritiseer en dit as ’n vermorsing van openbare fondse beskryf. LUR Lebogang Maile het die skorsings in ’n geskrewe antwoord bevestig, wat kommer oor aanspreeklikheid en doeltreffendheid in premier Panyaza Lesufi se administrasie ontlok het.
# Rugby: Die huidige seisoen is die laaste vir die Engelse skrumskakel Ben Youngs. Die 35-jarige het Sondag sy 332ste senior wedstryd gespeel toe hy van die bank af vir Leicester opgedraf het tydens die Engelse Premierskap-oorwinning oor Bristol Bears. Die veteraan van 127 toetse het in die laaste vier Wêreldbekertoernooie gespeel en het ook in 2013 saam met die Britse en Ierse Leeus na Australië getoer. Youngs, wat die Premierskap al vyf jaar gewen het, sê hy wil hierdie hoofstuk afsluit met nog ’n aantal suksesse.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-55-sent teen die dollar, 21-rand-16-sent teen die euro en 24-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-520-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-328-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 67-dollar-36-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….