Nuus 13:00
BULLETIN 23 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Inflasie daal tot 2,7-persent in Maart, die eerste daling in vyf maande
# Oekraïne se bondgenote vergader in Londen
# En atletiek: ‘n Sewentienjarige Australiese naelloper gaan sy senior buiging maak op die Wêreldkampioenskap
# Suid-Afrika se verbruikersinflasie het verlede maand tot 2,7-persent gedaal, wat die eerste daling in vyf maande is. Statistieke Suid-Afrika sê die jaar-tot-jaar verandering in die verbruikersprysindeks het gedaal vanaf drie-persent in Februarie tot die laagste vlak sedert Junie 2020. Patrick Kelly van Statistieke SA sê die hoofbydraers tot die afname was laer voedselpryse en ‘n daling in brandstofpryse:
# Die Noord-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke sê rampbestuurspanne bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag namate swaar reën voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Vlak 4-waarskuwing uitegreik vir ontwrigtende reën vandag en môre. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê watervlakke in strome en riviere het aansienlik gestyg weens die voortdurende reën in Springbok en omliggende gebiede:
# President Cyril Ramaphosa gaan sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodimir Zelensky, môre by die Uniegebou in Pretoria ontvang tydens die eerste ampsbesoek deur ‘n Oekraïnse president aan Suid-Afrika. Die Presidensie sê die besoek sal aan die twee lande die geleentheid bied om bilaterale betrekkinge te bespreek en bilaterale samewerking op die gebied van handel, landbou en onderwys uit te brei. Hy sê hulle sal ook ander gebiede van samewerking ondersoek wat pogings sal ondersteun om blywende vrede tussen Oekraïne en Rusland te bewerkstellig.
Oekraïne se bondgenote vergader intussen vandag in Londen, terwyl Amerika meer as drie jaar ná die Russiese inval aandring op ‘n wapenstilstand. Daar was ‘n vlaag diplomatieke onderhandelings sedert Donald Trump se terugkeer na die Withuis in Januarie, terwyl Europese leiers skarrel om te besluit hoe hulle Oekraïne kan ondersteun indien Trump Washington se steun onttrek. Die samesprekings volg nadat Rusland ná ‘n kort Paastyd-wapenstilstand sy lugaanvalle hervat het.
# Atletiek: Die Australiese naelloop-sensasie, Gout Gout, gaan in September sy internasionale senior buiging maak op die Wêreld-atletiekkampioenskap in Tokio, Japan. Die 17-jarige Gout van Queensland, wat met die Jamaikaanse ster Usain Bolt vergelyk word, is in Australië se span ingesluit vir die byeenkoms. Hy sal aan die 200-meter-naelloop deelneem nadat hy die afstand vroeër die maand in Perth in 19,84-sekondes afgeblits het vir sy eerste titel. Hy sê hy sien uit om te sien wat hy in Tokio kan vermag teen die beste van die bestes.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-51-sent teen die dollar, 21-rand-15-sent teen die euro en 24-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-300-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-334-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….