Goeie Nuus 14:00
BULLETIN 22 April 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Nedbank Korporatiewe en Beleggingsbankdienste het drie prestige-pryse ontvang op vanjaar se Globale Bank-en Markte: Afrika-toekennings. Die toekennings is vir Plaaslike Geldeenheid-Leningstransaksie van die Jaar vir die finansiering van Kaapstad se infrastruktuur, die ESG-Verbandstransaksie van die Jaar vir die Volhoubaarheidsvlak 2-verband van 2,1-miljard-rand wat vrouebemagtiging ondersteun; en Eiendomsfinansieringstransaksie van die Jaar vir die hervorming van eiendomsbelegging in Ghana. Hierdie toekennings is geloof vir die manier waarop dit Nedbank CIB se leierskap in betekenisvolle finansiële oplossings regoor Afrika uitlig.
# Gauteng se Departement van Gesondheid het die toekenning ontvang vir die beste stalletjie van regeringsdepartemente op die Randse Paasskou by die Johannesburgse uitstalsentrum. Departemente benut die geleentheid as uitreiking om dienste en waardevolle inligting aan besoekers te verskaf. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die toekenning verteenwoordig die provinsiale regering se toewyding om gesondheidsorg nader aan die mense te bring:
# Die gewilde gratis konsert van die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees word dié week weer op Groentemarkplein aangebied. Gewilde groepe wat optree sluit in die Britse acid jazz-legendes Incognito, die ikoniese Suid-Afrikaanse kwaito-groep TKZee, The Ploemies, wie se musiek oor verskeie genres strek, die opkomende ster Hannah Ray, asook Andrea Fortuin en Fancy Galada. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die gratis opelugkonsert wat Donderdag plaasvind, het ‘n gewilde geleentheid op Kaapstad se kalender geword:
# ‘n Finalejaarstudent aan die University van Fort Hare wat besig is met ʼn meestersgraad in beeldende kunste, Avuzwa Noko, spog met ʼn solo-uitstalling in die Ann Bryant-kunsgalery in Oos-Londen. Dit bevat 20 fotografiese werke wat die eens bedrywige spoorwegstasies uitbeeld wat gemeenskappe reg oor die Oos-Kaap verbind het. Noko sê deur fotografie ontgin hy temas soos herinneringe, verwerping en maatskaplike herlewing. Hy sê hy gebruik kuns nie net om geskiedenis te weerspieël nie, maar om gesprekke en optrede aan te moedig.
# En ten slotte: Die gruwelrolprent Sinners met Michael B Jordan in die hoofrol, het in sy vrystellingsnaweek die meeste geld by die loket gemaak. Die fliek waarin Jordan die rolle van ʼn identiese tweeling, Smoke en Stack, vertolk, speel in die 1930’s af. Hulle keer terug na hul tuisdorp in die Suide om ʼn kuierplek oop te maak, maar vampiere sak op die klein dorpie toe. A Minecraft Movie is nou in die tweede plek met The King of Kings derde. Disney se spioenasiefliek, The Amateur, is vierde en A24 se oorlogsriller, Warfare, voltooi die top-vyf.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….