Eko-minuut 13:30
BULLETIN 22 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Dis vandag Wêreld-Aardedag en die tema is: Ons Krag, Ons Planeet. Die wêreld word aangemoedig om rondom hernubare energie te verenig om teen 2030 skoon elektrisiteit te verdriedubbel. Aardedag word wêreldwyd in meer as 192 erken en gevier. Aardedag se president, Kathleen Rogers, sê terwyl omgewingsuitdagings en -geleenthede vinnig verander, gaan Aardedag voort om mense, organisasies en regerings rondom ‘n gedeelde doelwit te verenig: om betekenisvolle optrede vir die planeet te bevorder.
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het op Wêreld-Aardedag ‘n beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om saam te werk om die omgewing te beskerm. Hy vra almal om saam te staan rondom hernubare energie. George sê dit was ’n mylpaal-prestasie om ’n hofsaak te bemiddel om die ikoniese Afrika-pikkewyn van uitwissing te red, en te verseker dat hierdie kosbare spesie vir toekomstige geslagte behoue bly.
# En ten slotte: Die indringerplant Kariba-varing het damme in die Lonehill- en Witkoppenspruit-parke in Johannesburg oorgeneem. Die plant verstop kanale en is skadelik vir waterlewe. Johannesburg se City Parks sê dié vinnig-verspreidende plant floreer in besoedelde water, veral as riool daarin beland het. Hy sê die metro wil met behulp van vennootskappe oplossings vind vir die hoofoorsake, veral besoedeling en riool-lekkassies, terwyl hulle meganiese en biologiese beheermetodes toepas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….