Nuus 11:00
BULLETIN 18 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunk-president Mashatile ontmoet Chinese sakeleier om bande tussen Suid-Afrika en China te verstewig
# Die dodetal in ‘n trompop botsing op die N4 in Mpumalanga styg tot ses
# En, Rugby: Eben Etzebeth is terug om die Sharks in hul wedstryd teen Edinburgh aan te voer
# Adjunk-president Paul Mashatile het die ondervoorsitter van China se voorste politieke adviesliggaam, Gao Yunlong, by die OR. Tambo-woning in Pretoria onthaal. Hulle het ontmoet om samewerking in die gesondheid- energie- en die voertuig-sektore te verstewig. Mashatile het die diversifisering van handel beklemtoon en het Suid-Afrika se verbintenis tot voortgesette hoëvlak-skakeling met China bevestig. Hulle het ook November se G20-beraad bespreek en herbeklemtoon dat strategiese vennootskappe tussen die twee lande noodsaaklik is vir wedersydse ekonomiese groei.
# Aware.org vra dat Suid-Afrikaners om ekstra versigting op paaie te wees oor die Paasnaweek. Die uitvoerende hoof van Aware.org, Mokebe Thulo, het aan Newzroom Afrika gesê die meeste ongelukke tydens ‘n vakansie kan voorkom word en word gewoonlik deur spoed, tamheid en dronkbestuur veroorsaak. Sy vra motoriste om verantwoordelik te wees en nie te bestuur wanneer hulle gedrink het nie. Sy sê mense moet hul drinkgewoontes aanpas om veiliger paaie vir almal te verseker:
Mpumalanga se departement van Gemeenskapsveiligheid het intussen bevestig dat die dodetal in gister se trompop botsing op die M4-tolpad tot ses gestyg het. ‘n Beseerde het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die botsing tussen ‘n sportnutsvoertuig en ‘n bakkie het die verkeer vir ure vertraag. Owerhede doen ‘n dringende beroep op bestuurders om padreëls te gehoorsaam en ekstra versigtig te bestuur in swak weerstoestande.
# Die registrateur van die Walter Sisulu-universiteit, Lulamile Ntonzima, het die inhegtenisneming van ‘n 54-jarige verdagte verwelkom in verband met die noodlottige skietvoorval waarin ‘n student, Sisonke Mbolekwa, dood is. Die verdagte, vermoedelik ‘n koshuisvader, het hom gister aan die polisie oorgegee en sal aangekla word van moord en poging tot moord. Die skietery het tydens ‘n studentebetoging voorgekom oor koshuistoestande. Ntonzima sê die gereg moet sy loop neem:
# Die Promoting Regenerative Agriculture for Sustainable Livelihoods is in Mosambiek bekendgestel om vier-duisend kleinboere te ondersteun. Die projek van 32-miljoen-rand sal veral klem lê op vroue en jeug deur klimaatsbestande boerdery. Die projek, wat tot 2027 duur, sal grondgehalte verbeter, ekosisteme herstel, en toegang tot digitale hulpmiddels en finansiële insluiting bied. Die inisiatief wil boere vir langtermyn volhoubaarheid en veerkragtigheid bemagtig.
# En Rugby: Die Springbokslot Eben Etzebeth sal die Sharks vanaand in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Edinburgh aanvoer in sy eerste wedstryd terug ná ‘n lang afwesigheid. Etzebeth was op die krukkelys nadat hy op 7 Desember in die Kampioenebeker-kragmeting teen die Exeter Chiefs harsingskudding opgedoen het. Lukhanyo Am en Aphelele Fassi is ook in die beginspan ingesluit, met Grant Williams op die plaasvervangersbank. Die Lions is môre op Ellispark die gashere vir Benetton, waarna die Stormers Connacht in Kaapstad pak. Die Bulls speel môreaand op hul tuisveld teen die Ierse span Munster.
Bly ingeskael vir meer nuus……………….