Nuus 11:00
BULLETIN 3 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika stuur ‘n boodskap van medelye aan Japan ná die dodelike aardbewings
# Die publiek word gemaan oor vals Facebook-plasings wat voorgee om van minister Ndabeni-Abrahams te wees
# En, ActionSA eis dringende samewerking vir veilige inlywings in die Oos-Kaap
# Suid-Afrika het sy diepste meegevoel met Japan betuig ná ‘n reeks dodelike aardbewings die land se weskus op Nuwejaars-oggend getref het. Die aardbewing met ‘n omvang van 7,6 het tot groot lewensverlies en stygende getalle ernstig beseerdes gelei. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê Suid-Afrika se gebede is met die mense van Japan, veral diegene wat geliefdes verloor het. Sy het ook die onvermoeide en voortgesette pogings van reddings- en noodpersoneel geloof.
# Die ministerie van Kleinsake-ontwikkeling maan die publiek oor tientalle vals Facebook-plasings wat voorgee om van minister Stella Ndabeni-Abrahams te wees. Die departement sê die inskrywings, waarvan 25 tot dusver uitgeken is, probeer onskuldige mense bedrieg en indoen, veral die eienaars van kleinsake-ondernemings. Die woordvoerder, Cornelius Monama, sê die departement sal nooit voorafbetaling eis vir toegang tot befondsing of sakegeleenthede nie:
# Action SA eis dringende samewerking vir veilige inlywings in die Oos-Kaap. Die party wil hê gesondheidsliggame, ouers, gemeenskappe en die Ulwaluko-toesighouers moet saamwerk om jong seuns te beskerm wat inlywing ondergaan. Die woordvoerder, Luzuko Gedze, sê hoewel kulturele tradisies soos inlywing respekteer word, onderstreep die skokkende sterftesyfer die behoefte aan gesamentlike verantwoordelikheid:
# Sokker: Kylian Mbappe en sy moontlike skuif na Real Madrid sal na verwagting die hooftema wees tydens die oordragperiode wat Maandag in Europa begin. Mbappe, wie se driekuns verlede jaar nié die knoop vir Frankryk in die Wêreldbekertoernooi kon deurhak nie, sal die hoofonderwerp van bespreking wees. Real Madrid staan voor in die ry om die 25-jarige Mbappe op te raap. Dit is egter nog glad nie ‘n uitgemaakte saak dat Mbappe en die Franse se paaie gaan skei nie omdat hulle geen geheim maak van hul vurige ondersteuning vir hom nie. President Emmanuel Macron het hom in Junie 2022 oorreed om by Paris Saint-Germain aan te bly toe sy skuif na Real byna in die sakkie was.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-58-sent teen die dollar, 20-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 45-duisend-en 61-dollar-49-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-62-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….