Eko-minuut 13:30
BULLETIN 17 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê sy departement is verbind tot volhoubare ontwikkeling terwyl hy groei in hernubare energie-infrastruktuur ondersteun. Die departement het van Junie 2024 tot Maart vanjaar 220 aansoeke vir studies oor die uitwerking op die omgewing van onafhanklike kragprodusente verwerk. George sê dit weerspieël aansienlike verbetering in die vereenvoudiging van reguleringprosesse, veral vir hernubare energieprojekte, wat noodsaaklik is vir Suid-Afrika se oorgang na ‘n lae koolstof-ekonomie.
# Die Verenigde Nasies se adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, sê sterker vennootskappe en groter belegging in klimaat is nodig om vordering in globale ontwikkeling en klimaatsdoelwitte te versnel. Sy het op die P4G-beraad in Hanoi, Viëtnam, gesê teen 2030 sal 45,6-duisend-miljard-rand jaarliks vir ontwikkelende ekonomieë nodig wees om binne die teiken van 1,5-grade Celsius volgens die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te bly. Mohammed sê regeringsleiers moet die instelling van kostedoeltreffende klimaatoplossings versnel en veranderinge aanbring deur slim beleide en hervorming op alle vlakke.
# En, ʼn nuwe studie het onthul dat Afrika se vinnige verstedeliking voëls se verskeidenheid bedreig. Navorsers gebruik burgerwetenskap-data van Keniaanse en Nigeriese projekte, wat inligting oor voëls karteer, om insig te kry oor hoe verstedeliking voëls, hul verskeidenheid en ekologiese funksies in hierdie nasies beïnvloed. Navorser Ashoka Mukpo het op die Mongabay-potgooi gesê stede se grootte sal na verwagting teen 2030 verdriedubbel, en die moontlike uitwerking daarvan op voëls en bioverskeidenheid is veral kommerwekkend:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….