Nuus 14:00
BULLETIN 15 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola sê Taiwan se skakelkantoor moet na Johannesburg skuif om die Een China-beleid te eerbiedig
# ‘n Onderwysaktivis sê die moord op ‘n student by Walter Sisulu-universiteit is rede tot groot kommer
# En Motsoaledi moedig Afrika-leiers aan om in plaaslike gesondheidsorgstelsels te belê
# Die regering het Taiwan beveel om sy skakelkantoor vanaf Pretoria na Johannesburg te verskuif, wat sy verbintenis tot die Een China-beleid herbevestig. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hierdie stap strook met Suid-Afrika se jarelange buitelandse beleid en globale konsensus waarin Beijing se soewereiniteit oor Taiwan erken word. Taiwan het die verskuiwing teengestaan, met verwysing na begrotingsbekommernisse, maar Lamola dring aan gasheerlande het die reg om te besluit waar buitelandse kantore geleë is. Samesprekings tussen die twee partye duur steeds voort.
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê hy is woedend en diep hartseer oor die tragiese skietvoorval by die Walter Sisulu-universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap wat die lewe van ’n student geëis het. Drie mense is beseer. Makaneta sê die skietvoorval is ’n waarskuwing dat Suid-Afrika misluk het om studente van die veilige en beskutte omgewing te voorsien wat hulle verdien. Makaneta veroordeel hierdie sinnelose daad van geweld ten sterkste:
# Die Stad Kaapstad sê hy gaan ‘n benadering van geen verdraagsaamheid handhaaf in sy hantering van alle vorme van misdaad oor die Paasnaweek. Die metro se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 mense in hegtenis geneem, wat 21-persent meer is as die vorige week. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê inwoners en besoekers aan die metro se veiligheid moet te alle tye eerste kom, veral oor vakansietye:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het ’n beroep gedoen op Afrika-leiers om hulle ingesteldheid te verander en hulle aangemoedig om in plaaslike gesondheidstelsels te belê en dit te versterk. Hy het tydens ‘n toespraak op die G20 Hoëvlak- Ministeriële Dialoog beklemtoon dat gesondheid as ’n belegging beskou moet word. Motsoaledi het kritiek uitgespreek teen die gebruik om mediese behandeling in die buiteland te kry:
# Sokker: Virgil van Dijk verwag ’n groot somer vir Liverpool in die oordragmark, terwyl hy glo op die punt staan om ’n ooreenkoms te finaliseer wat sy toekoms by Anfield sal verseker. Arne Slot se span is op die drumpel om die rekord te ewenaar van 20 Engelse ligatitels ná Sondag se tuisoorwinning van 2-1 oor West Ham waarin Van Dijk die wendoel aangeteken het. Sy eie toekoms sal na verwagting later die week bevestig word met die aankondiging van ’n tweejaar-kontrak, soortgelyk aan Mohamed Salah s’n.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-85-sent teen die dollar, 21-rand-38-sent teen die euro en 24-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-754-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-223-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….