Nuus 09:00
BULLETIN 15 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom bespoedig die ontplooiing van hernubare energie-oplossings
# Die DA vra vir dringende optrede om openbare gesondheidsvakatures te vul
# En motorsport: Red Bull word gewaarsku om vir Verstappen ‘n beter motor te gee
# Eskom sê hy bly fokus op ‘n gebalanseerde en gediversifiseerde energiekombinasie gegrond op steenkool- en kernenergie, terwyl gas, hidro- en hernubare krag stelselmatig deel sal word daarvan. Die kragvoorsiener het ‘n tender uitgereik vir privaat vennote in ‘n afsonderlike hernubare-energie-onderneming om hernubare krag vinniger in werking te stel. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê daar is reeds minstens twee gigawatt se skoon-energieprojekte in die pyplyn vir 2026:
# Die DA sê dit is ‘n bespotting dat slegs een-duisend-500 gesondheidsposte in die staat geadverteer word, terwyl daar tienduisend vakatures is. Daar is gemiddeld een dokter vir elke tweeduisend pasiënte in die staat se gesondheidsorgstelselsel. Michele Clarke van die DA sê hospitale en klinieke het ver te min personeel, is geheel en al onderbefonds en het dringende herstelwerk nodig omdat die departement van Gesondheid oor dekades heen geplunder is:
# City Power sê hy gaan regstappe doen teen News24 en joernalis, Khaya Koko. Dit hou verband met ‘n artikel wat Maandag verskyn het, met die opskrif: “POWER CONNECTIONS: Fake qualifications and poor appointments – why City Power is crumbling”. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê die bewerings in die artikel is ongegrond. Hy sê hulle het reeds ʼn klag oor Koko se gedrag by die persombud ingedien:
# Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande het vir die eerste keer sedert Desember sy wêreldwye olie-aanvraagvooruitskatting vir 2025 verlaag. OPUL noem as redes daarvoor swakker resultate vir die eerste kwartaal en Amerikaanse handelstariewe. Daar word nou verwag dat die vraag met 1,30-miljoen-vate per dag sal styg, 150-duisend minder as verlede maand. Die olie-kartel het ook wêreldwye ekonomiese groeivoorspellings verlaag en gewaarsku oor toenemende onsekerheid.
# Motorsport: Red Bull se raadgewer, Helmut Marko, glo die Formule Een-span sal ‘n verbeterde motor moet ontwikkel om die dienste van die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen te behou. Die Nederlander is tans derde in die bestuurderskampioenskap na McLaren se twee renjaers, Lando Norris van Engeland en die Australiër Oscar Piastri, nadat hy nog net een van die seisoen se eerste vier wedrenne kon wen. Marko sê Red Bull sal ‘n basis vir ‘n motor moet skep waarmee Verstappen vir die kampioenskap kan veg.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-85-sent teen die dollar, 21-rand-40-sent teen die euro en 24-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-183-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-228-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….