Nuus 07:00
BULLETIN 14 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Creecy sê die Paasfees-padveiligheidsveldtog sal op kritieke roetes fokus
# Die DA stuur ‘n versoekskrif van stapel teen die ontwapening van sekerheidsmaatskappye
# En meer as 30 kom om in Russiese aanvalle in Oekraïne
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê haar departement sal as deel van die Paasnaweek-padveiligheidsveldtog hul pogings tot 2 Mei verskerp. Sy het Sondag in Gqeberha in die Oos-Kaap ‘n padveiligheids- en wetstoepassingsprojek bekendgestel. Die Padveiligheidbestuurskorporasie het verlede jaar oor Paasnaweek 335 padsterftes aangeteken wat byna 33-persent meer is as die 252 in 2023. Creecy sê hulle sal op belangrike roetes in die land fokus waar bykomende polisiëring nodig is:
# Die DA het ‘n nasionale versoekskrif van stapel gestuur om die Privaat Sekerheidsbedryf Reguleringsowerheid se voorgestelde wysigings teen te staan. Die owerheid dreig om privaat sekerheidsbeamptes te ontwapen, wat gemeenskapsveiligheid sal ondermyn. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die konsepregulasies sal privaat sekerheidsondernemings se vermoë om doeltreffend te werk ernstig beperk indien toegang tot noodsaaklike wapens soos skokstokke, ander minder dodelike keuses en selfs sekere vuurwapens beperk word:
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die SAPD se ondersoek na die ineenstorting van ‘n George-gebou is 65% voltooi. Winde het met die provinsiale Polisiekommissaris, Thembisile Patekile, vergader oor die vordering met die ondersoek. Die ineenstorting van die onvoltooide gebou in Mei verlede jaar het 34 werkers se dood veroorsaak en 28 werkers is beseer. Die Premier waarsku die provinsiale regering kan nie toelaat dat die verhoor in die media gedek word nie, aangesien dit geen berusting sal bring aan oorlewendes, hul gesinne en die familielede van diegene wat gesterf het nie:
# ʼn Russiese missiel-aanval op die Oekraïnse stad, Sumy, het Sondag minstens 34 lewens, waaronder twee kinders, geëis. Minstens 80 mense is beseer. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê Rusland moet onder druk geplaas word om die oorlog te beëindig en mense se veiligheid te verseker. Die internasionale gemeenskap veroordeel die aanvalle en die Oekraïens/Russiese gesant vir Amerika, Keith Kellogg, sê die aanval verbreek alle reëls van ordentlikheid. Die Franse president Emmanuel Macron sê die aanvalle toon ʼn blatante minagting vir menselewens.
# Motorsport: McLaren-renjaer Oscar Piastri het die F1 Grand Prix in Bahrein oorheers en die eerste wenner van die seisoen geword wat talle wedrenne wen. Die Australiër het 15 sekondes voor George Russell van Mercedes klaargemaak, met sy spanmaat, Lando Norris, derde. Charles Leclerc en Lewis Hamilton van Ferrari was onderskeidelik vierde en vyfde. Norris is nou slegs drie punte voor sy spanmaat Piastri op die wêreldkampioenskap se punteleer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-4-sent teen die dollar, 21-rand-71-sent teen die euro en 25-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-293-dollar-30-sent. Die prys van goud is drie-duisend-236-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-53-sent per vat.
# En ten slotte: Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, Pam Yako, sê die organisasie se Visie 2040 sal deur ses strategiese areas gedryf word, waarvan een op regeneratiewe toerisme gefokus is. SANParke-woordvoerder, JP Louw, sê herlewingstoerisme word gedryf deur die beginsel van inklusiwiteit, wat verseker dat plaaslike gemeenskappe baat vind. Hy sê die direksie sal sy jaarlikse belanghebber-sessie vir September vanjaar belê om opdatering te verskaf oor die vordering met die implementering van Visie 2040:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….