Nuus 11:00
BULLETIN 13 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Barbara Creecy skop die Paasfees-padveiligheidsveldtog in Gqeberha af
# COSATU sê hy steun minister Aaron Motsoaledi se pogings om die NGV in te stel
# En Motorsport: Piastri is in voorste posisie by die Bahrain Grand Prix
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die adjunkminister, Mkhuleko Hlengwa, lei vandag ‘n gesamentlike veldtog bestaande uit verskeie padveiligheids-belanghebbendes in Gqeberha, in die Oos-Kaap. Dit vorm deel van die Paasnaweekbedrywighede om te verseker padsterftes word oor die naweek en ook daarna tot die minimum beperk. Die woordvoerder van die provinsiale Departement van Vervoer, Unathi Binqose, sê meer as 120 vermeende dronkbestuurders in die provinsie is sedert Vrydag gearresteer, in die opbou tot die Paasfees-padveiligheids-bekendstelling vandag:
# Cosatu sê hy sal voortgaan om die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se pogings te steun om die Nasionale Gesondheidsversekering in te stel om volgens hom universele, billike gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners te verseker. Motsoaledi adverteer werksgeleenthede vir een-duisend-200 dokters, 200 verpleegkundiges en 250 ander gesondheidswerkers teen ‘n koste van 1,780-miljard-rand. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dis ʼn progressiewe stap in die noodsaaklike staatsdienssektor:
# Forum for South Africa sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa en die regering van nasionale eenheid moet ongeregistreerde spazawinkels onmiddellik sluit. Indien nie, moet hulle weens pligsversuim in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word. ʼn Agtjarige seun van Mapetla, Soweto, het in die hospitaal beland nadat hy versnaperinge by ʼn spazawinkel gekoop het. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê Hlabisa reageer nou omdat daar ʼn nuwe saak is, maar sy moes vroeër daarteen opgetree het:
# City Power het die lafhartige en barbaarse voorvalle van geweld deur misdadige elemente wat werkers teister en noodsaaklike infrastruktuur in Johannesburg vernietig, veroordeel. ʼn City Power-werker is Donderdag deur ses gewapende verdagtes aangeval terwyl hy onder die brug by die Karzerne-substasie naby Kwa MaiMai ʼn sloot gegrawe het. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê sekerheidspersoneel en wetstoepassers het ook vroeër die week onder swaar geweervuur van misdadigers deurgeloop:
# En Motorsport: McLaren se renjaer, Oscar Piastri, spring vanmiddag in die voorste posisie weg van die Bahrain Grand Prix. Piastri was voor sy Mercedes-mededinger George Russell en Charles Leclerc van Ferrari in die laaste opwindende kwalifiserende ronde – met sy spanmaat Lando Norris – sesde. Carlos Sainz het sy sterkste kwalifiserende ronde tot dusver in die seisoen bereik en is agtste, met Lewis Hamilton, ook van Ferrari, negende. Max Verstappen van Red Bull het tydens die kwalifiserende rondes gesukkel met sy motor se remme en is in die 7de plek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….