Eko-minuut 13:30
BULLETIN 10 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# The Green Connection en Natural Justice het amptelik beswaar aangeteken teen olie- en gas-opnames in Blok 9 en 11B/12B van die Outeniekwa-kom in die Wes-Kaap. Die organisasies voer aan die verkenning, ontwikkeling en stroomaf-gebruik van olie- en gasbronne sal onaanvaarbare hoeveelhede kweekhuisgasse vrystel. The Green Connection se woordvoerder, Liz McDaid, sê om klimaatsverandering te bekamp, moet die regering alle nuwe fossielbrandstofprojekte staak:
# President Donald Trump het die befondsing van Amerika se navorsingsprogram oor klimaatsverandering opgeskort wat die federale regering se verslag oor die kwessie saamstel. Die Amerikaanse Klimaatsbeoordeling word elke vier jaar uitgereik en is Amerika se omvattendste beraming van die huidige uitwerking van klimaatsverandering en klimaatwetenskap. Kenners sê die beoordeling speel ‘n groot rol in besluitneming oor landbou, energie-opwekking en grond- en watergebruik. Die volgende verslag word in 2027 verwag.
# En ten slotte: Greenpeace Africa sê die beskerming van woude kan nie as ’n minder belangrike kwessie hanteer word nie, maar moet aan die voorpunt wees van klimaatsoptrede. Kenia se algehele woudbedekking krimp jaarliks met meer as 12-duisend hektaar. In Kameroen word bome oor ‘n groot gebied onwettig uitgekap en ‘n gebied groter as Parys is reeds ontbos vir die aanplant van rubber- en palmplantasies vir palmolie. Greenpeace Africa sê die geopolitieke agenda moet wêreldwyd verskuif na die beskerming van woude as ‘n grondslag vir ‘n breër strategie vir klimaatsaanpassing.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….