Nuus 16:00
BULLETIN 8 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Staatsgetuie word doodgeskiet in ‘n Kaapstadse hof
# President Ramaphosa beklemtoon ‘n holistiese benadering tot misdaad op die polisieberaad
# En Elon Musk vra Donald Trump om sy tariewe om te keer
# ‘n Staatsgetuie is vanoggend doodgeskiet binne die Wynbergse Landdroshof in Kaapstad. Mediese personeel het die slagoffer op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie keer geskiet is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n moordsaak en die motief agter die voorval.
# President Cyril Ramaphosa sê die polisieberaad is van kritieke belang vir die beskerming van die land se sekerheid, en bepleit ‘n pro-aktiewe, vernuwende en oplossings-georiënteerde benadering. Hy het die belangrikheid van die Batho Pele-beginsels beklemtoon, met die fokus op hoë diensstandaarde en empatie. Ramaphosa beklemtoon dat misdaad ontstaan uit breër maatskaplike probleme soos armoede en ongelykheid, en het die kongres geprys vir die bevordering van ‘n holistiese benadering wat verskeie belanghebbendes betrek om die grondoorsaak van misdaad die hoof te bied:
# Die miljardêr Elon Musk het glo vir Donald Trump gevra om sy tariewe om te keer. Washington Post verwys na twee bronne wat sê dis die grootste hoëprofiel-onenigheid tussen die uitvoerende hoof van Tesla en die Amerikaanse president. Dit volg op Trump se onthulling van ‘n basislyn-tarief van tien-persent op alle invoere en hoër heffings op talle lande. Musk, die hoof van die Departement vir Regeringsdoeltreffendheid, het voorheen reeds gevra vir geen tariewe tussen Amerika en Europa nie. Hy het aangedui die motortariewe het ‘n beduidende uitwerking op Tesla.
# Gholf: Die vyftienmalige major-wenner Tiger Woods gaan saam met die Augusta Nasionale gholfklub in Augusta werk om ‘n kortbaan van nege-putjies te ontwerp. Woods se argiteksfirma, TGR Design, sal die nuwe baan bou as deel van ‘n opknappingsprogram by die Augusta Munisipale Gholfbaan. Daarbenewens sal sy TGR-stigting sy vierde Leerlaboratorium in Augusta open, wat toegang tot wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, kuns en wiskunde sal bied. Woods, wat al vyf meesterstoernooie ingepalm het, sê hy is opgewonde om te sien dat albei projekte ‘n werklikheid word:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-36-sent teen die dollar, 21-rand-20-sent teen die euro en 24-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-895-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-15-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-34-sent per vat.
# En ten slotte: Slegs vyf-persent van die nasionale gesondheidsorgbegroting word aan geestesgesondheidsdienste toegewys, ondanks die feit dat ‘n derde van Suid-Afrikaners ‘n geestesgesondheidstoestand ondervind en meer as 27-persent aan depressie ly. Professor Renata Schoeman van die Universiteit Stellenbosch sê beperkte toegang, stigma en ‘n onderbefondsde stelsel laat miljoene mense sonder ondersteuning, wat die las op hospitale en nooddienste vererger:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….