Ekominuut 13:30
BULLETIN 8 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Wetenskaplikes van Suid-Afrika en Brittanje het ‘n sintese-raamwerk ontwikkel om veranderinge in insek-bioverskeidenheid vinnig te evalueer. Die model integreer tydreekse, ruimtelike vergelykings, proefnemings en kundige menings wat leiding verskaf aan bewaringsbeleid. Die studie wat in Science gepubliseer is, belig die globale afname in die insekbevolking en die behoefte aan onmiddellike optrede. Insekte is ‘n belangrike deel van ekostelsels en bestuif sowat 80-persent van blomplantspesies en is onontbeerlik vir 35-persent van wêreld-voedselproduksie.
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat Water- en Sanitasie het ‘n bestuursforum vir die Eerste- en Kuilsrivier-opvangsgebied gestig. Die forum sal gemeenskapsgedrewe projekte bevorder om die toestand van besoedelde riviere en die omliggende omgewing te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die opvangsgebied dek 37 wyke en agt sub-rade, en sluit vyf riviere en waterweë in:
# En ten slotte: Bome in die Amasone neem kwik op weens besoedeling deur kleinskaalse goudmyne en bied ʼn nuwe manier om onwettige bedrywighede te monitor. Navorsers sê giftige metaal wat vrygestel word wanneer mynwerkers mengsels van kwik en goud verbrand en laat ʼn chemiese vingerafdruk in bome se jaarringe. Volgens New Scientist kan hierdie metode met verloop van tyd veranderinge in mynbedrywighede aandui. Hierdie bedrywighede stel die meeste kwik in die wêreld vry en is ʼn ernstige gesondheids- en omgewingsgevaar. Baie myne is ongereguleerd en diep in die reënwoud verskuil.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….