Nuus 18:00
BULLETIN 7 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Aandelemarkte stort in duie terwyl Trump met tariewe volstaan
# Die DA onthul ‘n ramp van een-miljard-rand in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria
# En krieket: Harry Brook is Engeland se nuwe witbal-kaptein
# Aandelemarkte en oliepryse het vandag verder in duie gestort terwyl die Amerikaanse president, Donald Trump, vasstaan oor sy tariewe ondanks vrese vir ‘n resessie. Markte reg oor Asië en Europa is oorweldig deur golwe van verdere verkope na skerp verliese verlede week. Hongkong se daling van 13,2-persent was die ergste in byna drie dekades. Taipei se aandele het vandag hul grootste verlies op rekord gely, met ‘n daling van 9,7-persent, terwyl Frankfurt met 10-persent geval het en Tokio bykans agt-persent laer gesluit het.
Trump het sy landgenote enkele minute voor die opening van die New Yorkse aandelemark gevra om sterk, dapper en geduldig te wees. Hy sê Amerika het ‘n kans om iets te doen wat dekades gelede gedoen moes word. Trump het Amerikaners aangemoedig om nie swak of dom te wees nie, maar sterk, dapper en geduldig, wat tot grootsheid sal lei.
Terug in Suid-Afrika:
# Die DA sê meer as ‘n miljard-rand is vermors op opknappings by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria, met kritieke afdelings wat na 25 jaar steeds in ‘n haglike toestand is. Die party sê noodsaaklike afdelings soos noodteaters en apteke bly onbruikbaar. Nicholas Gotsell van die DA sê korrupsie het die hospitaal gedwing om prosedures uit te kontrakteer, wat miljoene rand meer kos en voortdurende regeringsmislukkings toon:
# Die G20 Digitale Ekonomiese Werkgroep se Taakmag oor Kunsmatige Intelligensie vergader van vandag in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die vyfdaagse vergadering beoog om besprekings oor kritieke tegnologieë en die bevordering van die digitale ekonomie voort te sit. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, beklemtoon voorkeur aan digitale openbare infrastruktuur en kunsmatige intelligensie, en erken hul vernuwende moontlikhede vir ekonomieë:
# Krieket: Harry Brook is Engeland se nuwe witbal-kaptein. Die 26-jarige kolwer volg Jos Buttler op, wat uit die rol bedank het nadat die land nie die groepsfase van die Kampioenetrofee oorleef het nie. Besturende direkteur Rob Key sê Brook was al geruime tyd deel van hul opvolgingsbeplanning. Hy beskryf hom as ‘n uitsonderlike speler met ‘n uitstekende krieketbrein en ‘n duidelike visie vir albei spanne wat sal help om Engeland te lei na oorwinnings in meer reekse, Wêreldbekertoernooie en groot wêreldtoernooie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-33-sent teen die dollar, 21-rand-18-sent teen die euro en 24-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-799-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-29-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….