Nuus 15:00
BULLETIN 7 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Mashatile veroordeel DA-ministers wat in die kabinet aanbly na die verwerping van die begroting
# Die Gautengse polisie ondersoek die moord op drie mense in Mofolo, Soweto
# En kinders van Afrika vra om ingesluit te word by beleidsbesluite wat hulle raak
# Adjunkpresident Paul Mashatile het DA-ministers gekritiseer omdat hulle in die kabinet aanbly nadat hulle teen die nasionale begroting gestem het. Hy het op die Ahmed Kathrada-erfenis-sake-ontbyt in Gauteng die DA se voortgesette deelname aan die regering van nasionale eenheid bevraagteken terwyl hulle die belangrikste fiskale plan verwerp het. Mashatile sê sulke optrede ondermyn eenheid en aanspreeklikheid:
# Drie mense is vanoggend in Mofolo, Soweto, doodgeskiet, wat gelei het tot die afsperring van strate. Volgens polisieverslae het die insittendes van een voertuig losgebrand op drie mense in ‘n ander voertuig. Die motief is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Owerhede versoek inwoners om enige inligting wat met die ondersoek kan help, bekend te maak. Dit is onduidelik of die voorval met taxigeweld verband hou.
# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het as ‘n affiliasielid by die Mediese Toestel Enkel-Ouditprogram aangesluit. Hierdie globale program stel die owerheid in staat om saam met internasionale reguleerders te werk om toesig oor mediese toestelvervaardigers te verbeter. Die stap brei sy invloed buite Suid-Afrika se grense uit en sal die regulering van mediese toestelle en in-vitro diagnostika verbeter deur hulpbronne en ouditbevindings met ander deelnemende lande te deel.
# Sokker: Manchester United se hoofafrigter, Ruben Amorim, sê dit sal malligheid wees om die span as Premierliga-mededingers vir die volgende seisoen te beskou. United is 13de op die Premierliga-punteleer nadat hulle net 22 punte behaal het uit Amorim se eerste 19 wedstryde in beheer. Die span is 36 punte agter die voorloper, Liverpool, wat op koers is om United se rekord van 20 Engelse top-liga-titels te ewenaar. United se mede-eienaar, Ineos, hoop om ‘n 21ste liga-kroon te wen met die klub se 150ste herdenking in 2028.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-33-sent teen die dollar, 21-rand-16-sent teen die euro en 24-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-800-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-40-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-13-sent per vat.
# En laastens, meer as 300 jong afgevaardigdes na die Afrika-kinderberaad het gevra om ingesluit te word by beleidsbesluite wat Afrika se kinders raak. Die beraad in Johannesburg sluit vandag af. Dit het uitdagings bespreek wat die welstand van kinders in die gedrang bring. Die beraad se voorsitter, Tara Hendricks, beklemtoon bykomende voorspraak en opvoeding in kunsmatige intelligensie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….