Nuus 11:00
BULLETIN 4 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Amerikaanse kongreslid wil hê Suid-Afrika moet verantwoordelik gehou word
# Saftu versoek die regering om sy bande met BRICS te versterk
# En die Israelse weermag verdedig ’n aanval op ‘n skuiling in Gaza
# ‘n Kongreslid van die Republikeinse Party, Ronny Jackson het die Wet op Bilaterale Verhoudings tussen Amerika en Suid-Afrika her-ingedien wat ‘n volledige hersiening is van die wedersydse verhouding tussen die twee lande. Hy sê Suid-Afrika het sy verhouding met Amerika op uitdagende wyse opgeskort om verhoudings met China, Rusland, Iran en terroristiese organisasies aan te knoop, ‘n verraderlike stap wat ernstige gevolge het. Jackson sê die hersiening sal help om president Donald Trump se buitelandse beleidsagenda te bevorder. Hy voeg by die era van regerings wat Amerikaanse belange ondermyn sonder reperkussies, eindig nou.
# Die vakbondfederasie Saftu het die nuwe handelstariewe veroordeel wat die Amerikaanse president, Donald Trump, opgelê het. Dit sluit ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in. Hy waarsku dat hierdie stap werkgeleenthede bedreig in sleutelbedrywe soos vervaardiging, landbou en mynbou, wat moontlik ekonomiese groei kan belemmer. Newton Masuku van die federasie versoek die regering om ekonomiese bande met BRICS-lande te versterk, afhanklikheid van Amerikaanse handel te verminder, en in plaaslike nywerhede te belê om werkers te beskerm:
# Die DA versoek die regering om die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Regulering van die Privaat Sekerheidsbedryf moet onttrek. Die party waarsku die veranderings sal gewapende sekerheidsbeamptes ernstig beperk en dit moeiliker maak om in openbare ruimtes soos winkelsentrums, skole en hospitale op te tree, wat openbare plekke meer kwesbaar sal maak. Ian Cameron van die DA het die publiek gevra om besware in te dien voor die sperdatum van 25 April:
# Die Israelse weermag verdedig die bombardering Donderdag van ‘n skool in Gaza wat in ‘n skuiling omskep is en sê Hamas het dit gebruik om aanvalle teen Israelse burgerlikes en troepe uit te voer. Sewe-en-twintig Palestyne insluitend kinders is in die lugaanval dood terwyl 100 gewond is. Die weermag sê hy het voorsorgmaatreëls getref om burgerlike ongevalle te vermy. Israel het verlede maand sy lug- en grondaanvalle in Gaza hervat nadat die eerste fase van ‘n skietstakingsooreenkoms met Hamas in Januarie tot ‘n einde gekom het.
# Sokker: FIFA-president Gianni Infantino sê Amerika en die Verenigde Koninkryk is moontlike gasheerlande vir die Vroue-wêreldbeker in 2031 en 2035. Amerika is die enigste land wat gebie het vir die 2031-geleentheid terwyl Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland se bod teen Maandag se sperdatum die enigste geldige een vir die 2035-toernooi was. Infantino sê hulle beplan om die Vroue-wêreldbeker teen 2031 tot 48 spanne uit te brei:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-93-sent teen die dollar, 20-rand-95-sent teen die euro en 24-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-281-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-100-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….