Nuus 09:00
BULLETIN 4 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê Suid-Afrika moet streeksmarkte in lyn bring teen die Amerikaanse tariewe
# Cosatu is bekommerd oor die uitwerking van die tariewe op die land
# En Suid-Korea se hoogste hof bekragtig president Yoon Suk Yeol se staat van beskuldiging
# Die EFF sê die sogenaamde wederkerige tariewe wat die VSA op Suid-Afrika en ander lande ingestel het is ‘n uitbuitingsmeganisme wat ontwerp is om soewereine nasies aan Amerika se ekonomiese oorheersing te onderwerp. President Donald Trump het ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA ingestel. Die EFF sê om betrokke te raak by vergeldende tariefoorloë sal slegs dien om ekonomieë verder in die web van Amerika se ekonomiese manipulasie te verstrengel. Hy voeg by die regering moet fokus op die diversifisering van markte en belê in streekswaardekettings.
Cosatu sê intussen die tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere hef, gaan ‘n vernietigende uitwerking op plaaslike maatskappye hê en werksgeleenthede bedreig. Matthew Parks van Cosatu sê dit vereis spoedige samesprekings tussen die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings en ʼn heroorweging van bande wat wedersyds voordelig en gegrond is op gesonde en groeiende tweerigtinghandel en beleggingsgeleenthede:
# AfriForum sê hy het sy regspan opdrag gegee om die Appèlhof te nader oor die buitensporige verhoging in elektrisiteitstariewe wat die Mogale City-munisipaliteit verlede jaar ingestel het. Die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het AfriForum se aansoek om verlof tot appèl verlede week van die hand gewys. Deidré Steffens van AfriForum sê in die eerste hofbeslissing in Februarie, het die hof in die munisipaliteit se guns beslis en aangevoer die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika moet by die saak betrek word:
# Suid-Korea se Konstitusionele Hof het eenparig gestem om president Yoon Suk Yeol in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Hy het verlede jaar krygswet afgekondig wat tot die land se ernstigste politieke krisis in dekades gelei het en die Parlement het gestem om hom te vervolg. Regter Hyung-baie Moon het in sy uitspraak gesê Yoon se uitvoering van sy noodmagte het die land se bestendigheid ernstige skade berokken. Met Yoon in ‘n staat van beskuldiging, moet ‘n blitsverkiesing binne 60 dae gehou word.
# Sokker: Orlando Pirates se hoofafrigter José Riveiro gaan aan die einde van die seisoen uittree. Die Spanjaard het besluit om nie sy driejaarkontrak te hernu wat aan die einde van die seisoen verstryk nie. Riveiro het drie MTN8-titels en twee Nedbank-bekertitels vir die Buccaneers ingepalm. Pirates is nou in die halfeindstryd van die Nedbank-beker en in die kwarteindstryd van die CAF Kampioeneliga. Pirates se voorsitter, Irvin Khoza, sê hoewel hule Riveiro se kontrak wou verleng, respekteer hulle sy besluit ten volle.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-75-sent teen die dollar, 20-rand-79-sent teen die euro en 24-rand-56-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-624-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-99-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-15-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….