Nuus 18:00
BULLETIN 3 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC ondersteun die heroorweging van die BTW-verhoging en inkomste belasting-aanpassings
# Die terreursaak teen ‘n man van Kaapstad word oorgeplaas na die Streekhof
# En AfriForum geen die ANC die skuld vir Amerikaanse tariewe op Suid-Afrika
# Die ANC het sy verbintenis tot ‘n pro-arm fiskale raamwerk herbevestig na die aanvaarding van die 2025 fiskale raamwerk deur die Parlement. Die party ondersteun die heroorweging van die voorgestelde verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW en die aanpassing van belastingkerwe om blokkruiping te verhoed, en gee die Nasionale Tesourie 30 dae om alternatiewe inkomstemaatreëls voor te lê. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die begroting gee voorkeur aan die behoeftes van die werkersklas, en mik om die maatskaplike loon te beskerm en ekonomiese herstel voort te sit.
# Die Landdroshof in Bellville, Kaapstad, het die terreursaak teen Ferdinand Fortuin oorgeplaas na die plaaslike Streekhof, met sy eerste verskyning op 24 April. Fortuin staan tereg op aanklagte wat verband hou met terrorisme en plofstof nadat hy na bewering gedreig het om bomme by verskeie plekke te plant, wat gelei het tot massa-ontruimings. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê hoewel die dreigemente onwaar was, vereis hierdie optrede ernstige aanklagte:
# AfriForum gee die leierskap van die ANC die skuld vir Amerika se besluit om hoër invoertariewe vir Suid-Afrika op te lê. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, voer aan roekelose beleidsbeslissings en gespanne betrekkinge met die VSA het tot hierdie tariewe gelei, wat ongeveer 60 lande beïnvloed. Kriel kritiseer die regering wat ideologie voorkeur gee bo burgers se belange. Hy hou vol dat strafmaatreëls vermy kon word en doen ‘n beroep vir ‘n neutrale buitelandse beleid om die sanksies op te hef:
Europese boere het die Europese Unie intussen aangemoedig om onderhandelinge te stel bo vergelding vir die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariefaanslag en waarsku teen ‘n handelsoorlog. Die pan-Europese boeregroep, Copa-Cogeca, het Washington se 20-persent tarief op alle EU-goedere veroordeel en sê dit kan lei tot die ontwrigting van wêreldwye voorsieningskettings, asook prysverhogings. Brussel het teenmaatreëls voorberei, maar die groep, wat blykbaar 22-miljoen boere verteenwoordig, waarku die situasie kan vererger.
# Rugby: Saterdag se Vrystaatse derby tussen die Cheetahs en Griffons is een van die belangrike wedstryde in die vyfde ronde van die SA-beker. Die SWD Arende is môreaand gasheer vir die Valke in George. Die Pumas behoort te veel skietgoed te hê vir die Grens Bulhonde wat onder aan die punteleer is wanneer die twee môre-aand in Nelspruit speel. Die Griekwas kom Saterdag in Kimberley te staan teen Boland Kavaliers en Oostelike Provinsie Olifante speel in Gqeberha teen die Luiperds. Die boonste vier spanne kwalifiseer vir die Curriebeker-Premier-afdeling.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-79-sent teen die dollar, 20-rand-84-sent teen die euro en 24-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-932-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-116-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….