Nuus 14:00
BULLETIN 3 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Man kry elf lewenslange vonnisse vir die verkragting van ses minderjarige seuns in die Oos-Kaap
# Die dodetal in die Marry Me-moorde styg tot sewe
# En ActionSA sê hy bly gekant teen die stygende belastinglas op Suid-Afrikaners
# Die Oos-Kaapse Hooggeregshof in Gqeberha het ‘n 31-jarige man gevonnis tot elf lewenslange vonnisse vir elf aanklagte van verkragting. Hy het ses minderjarige seuns tussen die ouderdomme van elf en 13 verkrag. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Luxolo Tyali, sê die slagoffers het in Mei 2015 naby Motherwell agter die stadion geswem toe Thembelani Andries hulle aangeval het:
# Die dodetal in die moorde in die Marry Me-informele nedersetting in Soshanguve, Pretoria, het tot sewe gestyg toe nog ‘n gemeenskapswag in die hospitaal gesterf het. Die nag-patrolleerders wat vrywillig misdaad beveg, is verlede maand aangeval. Inwoners eis dat die gebied geformaliseer moet word om misdaad te bekamp. Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het tydens ‘n gemeenskaps-imbizo ‘n gespesialiseerde taakspan aangekondig om misdaad aan te pak en het ‘n verhoogde polisieteenwoordigheid beloof om veiligheid te herstel in Soshanguve en omliggende townships.
# ActionSA sê hy is daartoe verbind om Suid-Afrikaners te beskerm teen ‘n groter belastinglas en verwerp die voorgestelde BTW-verhoging van 0.5-persentasiepunte en blokkruiping vir hoër persoonlike inkomstebelasting. Die party het alternatiewe inkomste-oplossings uiteengesit, insluitend die bevordering van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se vermoë om verlore inkomste te verhaal en die bekamping van onwettige handel. ActionSA se woordvoerder, Athol Trollip, sê swak staatsbesteding en wanbestuur behoort nie aan belastingbetalers oorgedra te word nie:
# Slowakye se regering het goedkeuring verleen vir die uitdunning van 350 bere weens die gevaar wat hulle vir mense inhou, maar bewaringsbewustes sê dis onwettig. Dit volg nadat bere verskeie mense aangeval het, terwyl die liggaam van ‘n man Sondag in die sentrale deel van die land gevind is nadat ‘n beer hom vermoedelik doodgemaak het. Eerste minister Robert Fico sê hulle kan nie in ‘n land bly waar mense bang is om na ‘n woud te gaan nie. Sy regering het ook ‘n noodtoestand afgekondig in die meeste distrikte weens die ongewenste teenwoordigheid van bere.
# Rugby: Die Blitsbok Siviwe Soyizwapi sê hulle speel in die Singapoerse toernooi met ‘n duidelike doelwit om die seisoen sterk af te sluit. Die Blitsbokke het verlede naweek in Hongkong klei getrap en negende geëindig nadat hulle nie die kwarteindronde gehaal het nie. Suid-Afrika is vierde op die punteleer met 66 punte, met die voorlopers Argentinië op 88. Soyizwapi sê elke toernooi het sy eie meriete en hulle moet van voor af begin:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-85-sent teen die euro en 24-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-505-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-114-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-39-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….