Nuus 12:00
BULLETIN 2 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA verwelkom die nagaan van alle skoolpersoneel op die register van seksoortreders
# Die Universiteit van Johannesburg ontken dat ‘n beweerde dosent Suid-Afrikaanse studente opsetlik laat druip
# En die ster van Top Gun en Batman Forever sterf op 65
# Build One South Africa verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se besluit oor verpligte agtergrond-ondersoeke op die nasionale seksoortreder-register vir mense wat by skole aansoek doen om werk. Die gewysigde Strafproseswet bepaal dat werkgewers moet vasstel of werknemers op die register verskyn voor hulle aangestel word om kinders te versorg of toegang te kry tot ‘n gestremde persoon. Roger Solomons van BOSA sê dis ‘n kritieke stap om toe te sien dat voornemende seksoortreders nie toegang tot kinders het nie:
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, verwelkom intussen die ontplooiing van die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings om die ondersoek na die beweerde verkragting van ‘n sewejarige meisie in Matatiele te versterk en toesig te hou. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die premier wil hê geregtigheid moet seëvier:
# Die Universiteit van Johannesburg oorweeg regstappe teen Joel Sangweni wat beweer hy is ‘n dosent aan die instelling. Sangweni het op sosiale media daarmee gespog dat hy opsetlik Suid-Afrikaanse studente laat druip, tot voordeel van buitelanders. Die UJ sê Sangweni is nie in diens van die universiteit nie, hoewel hy in 2024 vir ‘n tyd lank daar gewerk het. Die universiteit sê hy is ernstig oor sy akademiese integriteit en oorweeg streng optrede, insluitend regstappe, teen enigiemand wat die instelling se verbintenis tot akademiese integriteit ondermyn.
# Krieket: Die voormalige Nieu-Seelandse toetskaptein, Kane Williamson, is ten gunste van aangewese gleuwe in die internasionale spel en glo dit kan bydra tot ‘n meer gelyke Wêreldtoetskampioenskap. Die Internasionale Krieketraad sal later die maand die voorgestelde veranderings aan die formaat oorweeg nadat kritiek ontvang is oor ongebalanseerde skedules en ‘n verwarrende puntestelsel. Williamson sê die huidige siklus, waarin Australië, Engeland en Indië baie meer wedstryde speel as ander lande, is nie ideaal nie. Suid-Afrika speel teen Australië in die eindstryd van die huidige siklus.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 23-rand-91-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-478-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-128-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-1-sent per vat.
# En laaastens, die Hollywood-akteur Val Kilmer, wat bekend is vir sy rolle in van die bekendste flieks van die 1980’s en ’90’s, is op 65-jarige ouderdom dood. Hy het die rol van Bruce Wayne in Batman Forever vertolk, en Jim Morrison in Oliver Stone se fliek The Doors. Kilmer was ook die vegvlieënier Iceman saam met Tom Cruise in die uiters suksesvolle twee Top Gun-rolprente, waarvan die tweede een, Top Gun: Maverick, in 2022 vrygestel is. Sy dogter Mercedes het bevestig dat hy aan longontsteking dood is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….