Nuus 14:00
BULLETIN 31 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Globale aandele daal namate Trump se tariewe dreig
# Die IVP se Vrouebrigade eis geregtigheid vir kind wat in die Oos-Kaap verkrag is
# En Krieket Australië loof Indië se aantrekkingskrag met die bekendstelling van witbal-reeks
# Aandelemarkte in Asië en Europa het gedaal nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het hy gaan hierdie week nuwe tariewe instel wat alle lande sal raak, nie net dié wat die grootste handelswanbalanse met sy land het nie. Die Nikkei in Japan het meer as vier-persent laer gesluit, in Brittanje was die FTSE-100 vanoggend 0,8-persent laer, terwyl die Dax in Duitsland en die Cac-40 in Frankryk albei een-persent laer was. Die goudprys het tot nog ‘n rekordhoogtepunt gestyg van meer as drie-duisend-124-dollar per fynons.
Trump sluit intussen nie die moontlikheid uit om vir ‘n derde termyn te dien nie, en sê daar is maniere wat hy kan gebruik om dit te bewerkstellig. Dit is ondanks die 22ste Wysiging van die Amerikaanse Grondwet wat bepaal dat geen persoon meer as twee keer tot die pos van president verkies mag word nie. Trump sê dit is veels te vroeg om te dink aan ‘n poging om die beperking van twee termyne te omseil:
# Die IVP se Vrouebrigade veroordeel die verkragting van ‘n sewejarige kind in Bergview College in Matatiele in die Oos-Kaap. Die adjunkvoorsitter, Helen Makhuba, bevraagteken die gebrek aan inhegtenisnemings, die keuringsproses van onderwysers en die beskikbaarheid van maatskaplike werkers. Die kollege is gederegistreer, maar Makhuba eis dringende antwoorde van owerhede in die onderwys, die polisie en maatskaplike ontwikkeling. Sy beklemtoon dat geslagsgeweld ‘n nasionale krisis bly, en bepleit sterker kinderbeskerming en geregtigheid.
# Krieket: Australië het Indië geprys vir sy lokkrag by die kaartjie-kantoor nadat hy twee witbal-reekse teen die Asiatiese reus aangekondig het voor vanjaar se reeks om die As teen Engeland. Australië en Indië se manspanne sal in Oktober en November kragte meet in drie eendagwedstryde en vyf T20s, terwyl die vroue van Februarie ook gaan meeding in drie T20s, drie eendagwedstryde en ‘n eenmalige toets. Die uitvoerende hoof van Krieket Australië, Todd Greenberg, sê die wedstryde sal in 11 stede oral in die land gespeel word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-82-sent teen die euro en 23-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-717-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-115-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-82-sent per vat.
# En laastens, die prys van warm drankies begin styg namate die winter nader kom. Inflasie vir warm drankies het in Februarie tot 14,8-persent persent op ‘n jaargrondslag. Volgens ontleders is koffie ‘n groot bydraer, met Suid-Afrika, ‘n netto-invoerder van koffie, wat worstel met verhoogde kostes. Thabile Nkunjana van die Nasionale Landboubemarkingsraad het aan die SABC gesê die prysverhoging is ‘n weerspieëling van breër neigings in hierdie mark en dit word aangedryf deur wêreldwye voorsieningsdruk:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….