Nuus 11:00
BULLETIN 30 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# VSA skop nou ook Suid-Afrika se militêre attaché uit
# ANC parlementêre-studiegroep verwelkom mensgedrewe benadering tot internasionale betrekkinge en samewerking
# En, rugby: Die Blitskbokke moes by Hongkong Sewes met die 9de plek tevrede wees
# Twee weke nadat die SA-ambassadeur Ebrahim Rasool uit die VSA verban is, is Suid-Afrika se militêre attaché, brigadier Richard Mapoyana, ook uit sy pos ontslaan. Hy het sedert 2021 in die pos gedien. Volgens Rapport is sy assistente ook nie meer welkom in die land nie. Chrispin Phiri, woordvoerder vir Internasionale Verhoudinge en Samewerking, het gisteraand aan die koerant gesê dat die aksie teen Suid-Afrika se militêre verteenwoordigers kom terwyl Trump alle bestaande ooreenkomste met Suid-Afrika hersien.
# Die ANC-studiegroep in die Parlement sê hy ondersteun en verwelkom die mensgedrewe benadering wat deur die Parlementêre-portefeuljekomitee vir Internasionale Betrekkinge en Samewerking aanvaar is. Hy sê vir te lank is Internasionale Betrekkinge beperk tot die gebied van elite akademici en beleidsmakers. Andisiwe Kumbaca van die ANC se sê hulle loof die komitee se poging om die Mensgedrewe Oorsigmeganismes in al nege provinsies te vestig:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, het die Passasierspooragentskap se implementering van verskeie suksesvolle toetsbedrywighede op die spoor-korridor tussen Kaapstad en Chris Hani in Khayelitsha verwelkom. Sileku sê die mylpaal dui ‘n belangrike stap in die herstel van ‘n betroubare, veilige en doeltreffende openbare vervoerstelsel aan. Hy sê die roete speel ‘n kernbelangrike rol in die ekonomiese groei en mobiliteit van die inwoners van die Wes-Kaap:
# Die Tshwane Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap moedig gegradueerdes van verskillende dissiplines aan om aansoek te doen vir internskapsposisies wat tot die sluitingsdatum Maandag middernag beskikbaar is. Die Lid van die Burgemeesterskomitee vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê die internskapskontrakte vir handelontwikkeling, beleggingbevordering, projekbestuurinligtingstegnologie, openbare en media-verhoudings, en strategie- en monitering, is vir ‘n tydperk van 12 maande en bied ‘n vergoeding van ongeveer tien duisend rand per maand aan:
# Rugby: Die Blitsbokke het vanoggend daarin geslaag om Kenia met 19-17 te by die Hongkong Sewes te klop, wat hulle ‘n die algehele 9de plek vir die toernooi gelaat het. Die telling was met rustyd 12-elk. Suid-Afrika se punte het gekom deur drieë van Shilton van Wyk, Gino Cupido en Siviwe Soyizwapi. Ricky Duartee en Dewald Human het doelskoppe aangeteken. Suid-Afrika is vierde op die internasionale sewes-leer, met 62 punte, terwyl Argentinië, die voorlopers, 68 punte het, gevolg deur Spanje met 64 en Fidji in die derde plek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….