Nuus 9:00
BULLETIN 30 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ANC beplan om geskille met die Trump-administrasie te besleg
# Suid-Afrika bepleit globale optrede om servikale kanker te beveg
# En, die nywerheidswerkers vakbond verwelkom die hoër as inflasiekoers loon-ooreenkoms met ‘n groot voedselverskaffer
# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee-lid, Parks Tau, sê die party beplan om voort te gaan met besprekings met die Trump-administrasie en ook om die verhoudings met die Verenigde State van Amerika te versterk. Hy het die media toegespreek op die tweede dag van die ANC se vier-daagse Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering in Boksburg, Ekurhuleni. Die Trump-administrasie het hulp aan Suid-Afrika weens bekommernisse oor die eiendomsonteiningsbeleid gestaak. Tau sê die jaarlikse konferensie van die voorkeur-handelsooreenkoms, AGOA, vind in die VSA in Junie en Julie plaas, en Suid-Afrika sal ook teenwoordig wees:
# Die wêreldwye gesondheidsinstelling, Unitaid, en die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep vir sterker pogings om servikale kanker beveg, die enigste nie-oordraagbare siekte wat uitgeroei kan word. Die twee gesondheidsorganisasies het tydens die G20-werkgroep oor gesondheidsorg in Zimbali, KwaZulu-Natal, onthul servikale kanker bly ‘n groot probleem, veral in lae- en middelinkomste-lande. Daar is vooruitgang in entstowwe en behandelings, maar befondsingstekorte belemmer die vordering. Suid-Afrika is daartoe verbind om nasionale voorkomingsprogramme te verbeter om die uitskakelingstrategie vir servikale kanker te verbeter.
# Die vakbond vir nywerheidswerkers, Sicawu, het ‘n geldige en bindende driejaar-arbeidsooreenkoms met RCL Foods Pies bereik, wat terugwerkend van 1 Maart van krag is. Die vakbond se president, Simon Munyai sê hulle het ‘n driejaar-loonooreenkoms onderteken wat hoër as die inflasiekoers is en ‘n minimum van 9% verhoging vir elke jaar van die ooreenkoms bied. Munyai sê hulle het in goedertrou onderhandel en die loononderhandelings met integriteit hanteer om werkgeleenthede te beskerm:
# Hamas het ingestem tot ‘n Gaza-wapenstilstandvoorstel wat hulle twee dae gelede van bemiddelaars Egipte en Katar ontvang het. Khalil al-Hayya, die leier van die Palestynse militante groep, het gister in ‘n toespraak op televisie gesê sy groep het ‘n voorstel van die bemiddelaars ontvang en dit positief hanteer en aanvaar. Hayya het gesê hy hoop dat die Israeliese besetting van Gaza dit nie sal ondermyn nie. Hayya lei die Hamas-onderhandelingspan in indirekte gesprekke wat gemik is om ‘n wapenstilstand in die Hamas-Israeliese oorlog in Gaza wat in Oktober 2023 uitgebreek het, te bewerkstellig.
# En, Sokker: Manchester City-afrigter Pep Guardiola het erken dat hy en sy spelers nie ‘n bonus verdien nie, selfs al wen hulle die Klubwêreldbeker. Guardiola se span is in die vyfde plek in die Premierliga, en is uit die Kampioeneliga en die Ligabeker. City was wel vir die vorige vier seisoene Engelse kampioene, maar hulle kan moontlik vir die eerste keer sedert Guardiola se debuutseisoen in 2016/17 sonder ‘n groot trofee eindig. Hulle laaste hoop om plaaslike silwerware te wen, lê in die FA Beker, met ‘n kwarteindstryd teen Bournemouth vanmiddag.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….