Nuus 11:00
BULLETIN 29 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# NEHAWU sê die direkteur-generaal van Gesondheid ondermyn ‘n Arbeidshof-beslissing
# Die dodetal in die aardbewing in Mianmar styg tot meer as duisend
# En, Tennis: Novak Djokovic is op die punt om sy honderdste titel in die Miami Ope in te palm
# Die onderwys-, gesondheid-, en algemene werkersvakbond, Nehawu, het die direkteur-generaal van Gesondheid, Sandile Buthelezi, se kennisgewing aan provinsiale departemente verwerp oor die verlenging van gesondheidswerkers se kontrakte. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê Buthelezi het die kennisgewing uitgereik terwyl hy geweet het die Arbeidshof het beslis het dat hy van oordeel is dat al die gesondheidswerkers se kontrakte vir ‘n onbepaaltyd tydperk is, wat beteken dat hulle permanent aangestel moet word:
# Die Boorgatwatervereniging beklemtoon boorgate is wettig, maar dit moet verantwoordelik gesink word. Dit volg te midde van die Nasionale Water- en Sanitasie-Indaba in Midrand. Die vereniging se boor-raadgewer, Albertus Lombaard, versoek nakoming om skade aan infrastruktuur te voorkom. Lombaard het bevestig die vereniging werk saam met die Johannesburg- en Ekurhuleni-munisipaliteite om goedkeurings te bespoedig. Suid-Afrika worstel tans met deurlopende wateruitdagings en hy beklemtoon boorgate is ‘n deurslaggewende waterbron vir gemeenskappe in nood.
# Action SA sê die Stad Johannesburg ondervind beduidende finansiële en maatskaplike uitdagings te midde van infrastruktuurprojekte wat onvolledig of ongebruik bly, soos die Johannesburgse Internasionale Vervoerwisselaar. Die Rea Vaya snelbus-stelsel, wat in 2006 begin is, moes stedelike mobiliteit in in die stad transformeer. Mpumi Edward van ActionSA sê ondanks uitgawes wat teen einde 2017 meer as 10-miljard-rand beloop het, is die projek steeds onvoltooid, terwyl veral Fase 1C ‘n oponthoud ondervind:
# Meer as een duisend mense is in Mianmar dood en nog duisende beseer ná die aardbewing met ‘n meting van sewe-komma-sewe, wat ook in aangrensende lande gevoel is. Die meeste sterftes was in Mandalay – die tweede grootste stad in Mianmar en die gebied naaste aan die skudding se episentrum. Reddingsoperasies word ook in die naburige Bangkok, Thailand, voortgesit waar ‘n halfvoltooide wolkekrabber ineengestort het. Ses konstruksiewerkers se liggame is gevind, maar daar word na nóg meer as honderd gesoek.
# En Tennis: Novak Djokovic het Grigor Dimitrov uitgeskakel om vir die eerste keer sedert 2016 die eindstryd van die Miami Ope te bereik – net een oorwinning weg van sy honderdste ATP-titel. Dimitrov, van Bulgarye, het op Djokovic se afslaan deurgebreek, maar die Serwiër het teruggeveg en met vyf agtereenvolgende potte die eerste stel gewen. Dimitrov het die tweede stel wankelrig begin, en Djokovic het dit benut en Dmitrov met 6-2, 6-3 geklop. Die 24-malige Grand Slam-kampioen speel môre in die eindstryd teen die 19-jarige Jakub Mensik van Tsjeggië, wat Taylor Fritz van Amerika geklop het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….