Nuus 15:00
BULLETIN 27 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa vra plaaslike regering om water- en sanitasiedienste te versterk
# Die ANC-leier in Kaapstad bedank en sluit aan by die DA
# En rugby: Venter en Esterhuizen word in die Haaie se opdrafspan ingesluit vir die wedstryd teen Leinster
# President Cyril Ramaphosa het plaaslike regerings gevra om te fokus op die verbetering van water- en sanitasiedienste. Hy het op die Nasionale Water- en Sanitasie-indaba in Midrand, Gauteng, gevra vir beter spanwerk tussen nasionale en plaaslike regerings, wateragentskappe en die privaat sektor. Ramaphosa het munisipaliteite ook aangemoedig om gebruik te maak van die beskikbare ontwikkelingstoelae vir stede en die toelae vir munisipale infrastruktuur om dienslewering te verbeter:
Die uitvoerende hoof van Rand Water in Gauteng, Sipho Mosai, sê intussen die provinsie bly volgens Bloudruppel-verslae, een van die voorstes vir watergehalte. Hy het op die indaba genoem dat die provinsie geen probleme het met watervoorsiening of grootmaatwatersuiwering nie. Mosai het egter gewaarsku 1,7-miljard liter gaan daagliks verlore as gevolg van munisipale ondoeltreffendheid. Hy hoop dat die konferensie oplossings sal bied om munisipaliteite te help:
# Die ANC-leier in die Kaapstadse metroraad, Banele Majingo, het bedank en by die DA aangesluit. Die DA se metrostreeksvoorsitter, JP Smith, het Majingo verwelkom en sy belyning met die DA se waardes van skoon regering en ekonomiese groei uitgelig. Majingo, wat lewenslank ‘n politieke aktivis is, spreek bewondering uit vir die DA se verbintenis tot dienslewering. Smith sê die DA bly daaraan toegewy om die mense van die Wes-Kaap te dien:
# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, John Plumtree, het grootliks gebly by die span wat Zebre verlede naweek net-net geklop het. Hulle speel Saterdag ‘n belangrike wedstryd teen die voorloper op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer, Leinster. James Venter and André Esterhuizen is in die opdrafspan nadat hulle verlede week op die bank was. Venter vervang Phepsi Buthelezi, terwyl Esterhuizen deel is van die skommeling van die agterlyn met Ethan Hooker wat van senter na vleuel skuif, terwyl Yaw Penxe by die beseerde Henry Immelman oorneem op heelagter.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-65-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-119-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-50-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-75-sent per vat.
# En laastens, die kragvoorsieningsvermoë het in 2024 met ‘n rekord van 585 gigawatt hernubare energie toegeneem tot vier-duisend-448 gigawatt. Dit is volgens die 2025-verslag vir hernubare energie wat deur die Internasionale Hernubare-energieagentskap vrygestel is. Die grootste toename was in Asië, en China het in 2024 met byna 64-persent die meeste tot die wêreld se vermoë bygedra. Volgens die verslag het son- en windkrag weer die meeste toeneem en verlede jaar met 96,6-persent die grootste hernubare bydrae gelewer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….