Nuus 14:00
BULLETIN 27 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet kap Solidariteit en AfriForum oor waninligting rondom plaasmoorde
# FNB ekonoom sê huidige werk is nie genoeg om infrastruktuuragterstand uit die weg te ruim nie
# En die vakbond Giwusa sê die voertuigvervaardiging-sektor moet dadelik genasionaliseer word
# Die kabinet het voortgesette waninligtingsveldtogte deur Solidariteit en AfriForum ten sterkste veroordeel. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê die beskuldigings is misleidend, skadelik en verdraai die feite, wat pogings ondermyn om misdaad te bekamp en geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners te verseker:
# FNB se senior-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê die werk wat tans gedoen word, is nie genoeg om Suid-Afrika se groot infrastruktuur-agterstand uit die weg te ruim nie, terwyl bestellings net ‘n effense verbetering vorentoe aandui. Mkhwanazi sê data van Statistieke Suid-Afrika wys dat die werklike waarde van bouwerk in die vierde kwartaal van 2024 met 3,4-persent jaar-op-jaar gedaal het, vanaf ‘n jaarlikse afname van 3,6-persent in die derde kwartaal:
# Die vakbond Giwusa sê hy ondersteun die onmiddellike nasionalisering van die voertuigvervaardigings- en smeltingsbedryf om werksgeleenthede te red. Spesifieke bedrywe in vervaardiging, soos voertuie en nie-metaal-minerale, het die afgelope jare dramatiese werksverliese beleef. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die vervoertoerusting-sektor alleen het ‘n daling van 20-persent beleef, wat gelykstaande is aan meer as 20-duisend werksverliese:
# Motorsport: Red Bull het die bespiegelings bevestig dat Yuki Tsunoda onmiddelik vir Liam Lawson vervang as die Formule Een-span se nommer twee-bestuurder. Dit volg nadat die Nieu-Seelander nie beïndruk het in die eerste twee Grand Prix-wedrenne van die seisoen nie. Die 24-jarige Tsunoda sal die huidige wêreldkampioen, Max Verstappen van Nederland, se spanmaat wees vanaf die volgende wedren in sy vaderland, Japan, die eerste naweek van April. Lawson keer terug na Red Bull se tweede span, Racing Bulls, as spanmaat van die Franse nuweling Isack Hadjar.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-24-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-56-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-473-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-46-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-88-sent per vat.
# En laastens, wetenskaplikes bestudeer twee Kaapstadse vleie, Prinses- en Elandsvlei, om klimaat-draaipunte te verstaan. Die navorsing, gelei deur die paleo-ekoloog Jemma Finch, verken die mere se ekologiese geskiedenis, deur die gebruik van mikro-alge en omgewings-DNS om veranderings na te spoor. Prinsesvlei se uitdagings is uitdroging en besoedeling, terwyl Elandsvlei deur stygende seevlakke bedreig word. Die bevindings sal bewaringspogings help met herstelstrategieë. Finch en ander kenners bespreek vandag hulle navorsing op die Let’s get Sedimental-webinaar van Oppenheimer Generations Research and Conservation.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….