Nuus 12:00
BULLETIN 27 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Trump bevestig Bozell as die nuwe Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika
# Die verskuiwing van Taiwan se kantoor na Johannesburg word vertraag weens begrotingsprobleme
# En ‘n, arbeidsprokureur vra die regering om meer in die staalbedryf te belê
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Brent Bozell aangestel as ambassadeur in Suid-Afrika as opvolger vir Reuben Brigety. Bozell is ‘n oortuigde mediakritikus en het die Media Research Centre gestig, wat kritiek lewer op waargenome liberale mediabevooroordeeldheid. Trump sê Bozell bring vreeslose volharding, buitengewone ondervinding en uitgebreide kennis na ‘n land wat dit broodnodig het. Sy aanstelling volg te midde van gespanne verhoudings tussen die twee lande oor kwessies soos die voormalige ambassadeur, Ebrahim Rasool, se uitsetting uit Amerika en Suid-Afrika se onteieningsbeleid.
Suid-Afrika het intussen Taiwan se kantoor in Pretoria se naam van Taipeise Skakelkantoor na Taipeise Handelskantoor verander. Dis in ooreenstemming met sy Een China-beleid wat die Volksrepubliek van China as enigste verteenwoordiger van China erken. Die regering het Taiwan daarom opdrag gegee om sy kantoor van Pretoria na Johannesburg te verskuif. Die verskuiwing, wat hierdie maand sou plaasvind, is weens begrotingsprobleme uitgestel. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê beraadslaging gaan voort en fokus op handel eerder as diplomasie, terwyl Taiwan verdere beraadslaging oor logistiek versoek het.
# Die arbeidsprokureur Michael Bagraim sê die regering het versuim om die land se staalbedryf te beskerm. ArcelorMittal South Africa beplan om sy langstaal-aanlegte in Vereeniging, Gauteng, en Newcastle in KwaZulu-Natal te sluit, wat meer as drie-duisend werksgeleenthede in gedrang bring. Die regering oorweeg egter maniere om die aanlegte te red. Bagraim sê die regering het jare lank waarskuwings ignoreer oor ‘n krisis in die staalbedryf:
# Gholf: Die viermalige major-kampioen, Rory McIlroy, het vroeër die week die Augusta National in Georgia besoek ter voorbereiding van die Meesterstoernooi. Dis die enigste major-titel wat hy kort om ʼn loopbaan-Grand Slam te voltooi. Die speler van Noord-Ierland en die wêreld-nommer-een, die Amerikaner Scottie Scheffler, is van die gunstelinge om die Meesters te wen wat op 10 April afslaan. McIlroy, wat hierdie week aan die Houston Ope deelneem, sê sy verkenningsreis na Augusta was om weer gewoond te raak aan die baan:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-24-sent teen die dollar, 19-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-466-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-36-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-88-sent per vat.
# En laastens, dis vandag Wêreld-teaterdag. Dit vier die mag om stories op die verhoog te vertel en kulture en stemme te verenig. Die tema is Teater en ʼn kultuur van Vrede. Die Internasionale Teaterinstituut het Wêreld-teaterdag in 1961 gestig. Dis geskep om die belangrikheid van teater as kunsvorm te bevorder, en die betekenisvolle rol te vier wat teater in kulturele uitruiling, onderwys en die samelewing speel. Dit lig ook die kunswêreld se probleme uit, wat beperkte befondsing insluit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….