Goeie Nuus 14:00
BULLETIN 24 Maart 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Ons begin met atletiek: Die 23-jarige Prudence Sekgodiso het Suid-Afrika se eerste goue medalje op die Binnenshuise Wêreldkampioenskap in Nanjing, China, gewen. Sy het die 800-meter vir vroue in ‘n puik tyd van een minuut-58,40-sekondes gewen, met Nigist Getachew van Ethiopië tweede en Patricia Silva van Portugal derde. Sekgodiso se goud is die land se tweede medalje op die kampioenskap, wat saam met Akani Simbine se brons in die 60 meter, Suid-Afrika nou in elfde plek op die medaljelys plaas. Dit is die eerste medalje ooit vir ‘n Suid-Afrikaanse vrou op die kampioenskap.
# Die 60ste Fleur du Cap-teatertoekennings is gister in die Kaapstad-stadion aangebied om erkenning te gee aan die room van die land se teaterbedryf. Albert Pretorius is as beste akteur aangewys vir sy rol in Othello, terwyl Emily Child die toekenning ontvang het vir beste vrouespeler in A Streetcar Named Desire. Dean Barley was die beste manlike byspeler vir sy rol in Vér in die Wêreld Kittie, en Leah Mari die beste vroulike byspeler in My Fair Lady. Sylvaine Strike is aangewys as die beste regisseur vir Spring Awakening.
# Die Jazz in the Lights-musiekfees keer Saterdag terug na die Johannesburgse dieretuin waar jazz-liefhebbers hulle kan verlustig in plaaslike en internasionale vertonings. Dit sluit kunstenaars in soos die ervare basspeler/komponis Carlo Mombelli, Thandiswa Mazwai, Amanda Black en The Brothers Move On. Die Stad Johannesburg se direkteur vir Kuns-, Kultuur- en Erfenis, Vuyisile Mshudulu, het aan die SABC gesê die fees bied geleentheid aan jong en opkomende kunstenaars, maar ook aan legendariese kunstenaars:
# Die Amerikaanse tiener James Bloom het die jeugkategorie op 2025 se Wêreld-letterkundestigting se toekenningsgeleentheid gewen vir sy werk om geletterdheid in Suid-Afrika te bevorder. Die toekennings is ‘n projek van die Wêreld-geletterdheidstigting en gee erkenning aan mense of organisasies vir uitstaande pogings om geletterdheid te bevorder. Bloom en sy broer het Libraries for Literacy gestig om groter toegang tot boeke en beter geletterdheid in die land te bevorder. Hulle het reeds vyf biblioteke gevestig by skole in minderbevoorregte gemeenskappe.
# En ten slotte: Disney se jongste uitreiking van die speelfilm Snow White met Rachel Zegler as die oorspronklike Disney-prinses en Gal Gadot as die bose koningin was met sy bekendstelling die naweek die gewildste fliek by die loket. Steven Soderbergh se glansriller Black Bag was tweede, en die Disney Marvel-opvolger Captain America: Brave New World, derde. Die aksiekomedie Novocaine van Paramount het van verlede week se boonste posisie tot die vierde plek by die kaartjiekantoor getuimel, terwyl Mickey 17 ná drie weke na die vyfde plek teruggesak het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….