Nuus 06:00
BULLETIN 24 Maart 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ebrahim Rasool is terug in Suid-Afrika en sê hy is nie spyt nie
# Pous Franciskus is uit die hospitaal ontslaan
# En atletiek: Prudence Sekgodiso wen goud by die Binnenshuise Wêreldkampioenskap
# Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde State, Ebrahim Rasool, sê hy is nie spyt dat hy tot persona non grata verklaar en uit Washington geskop is nie. Hy en sy vrou Rosieda het gisteroggend by die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekom. Hy is uit die VSA geskors oor sy opmerkings oor president Donald Trump se administrasie. Rasool sê Suid-Afrika sal altyd die diplomasie van ubuntu en wedersydse interafhanklikheid beoefen, gebaseer op waardes en belange:
Rasool, sê die regering moet voortgaan om dialoog en bande met Amerika na te streef, selfs in die lig van misleidende en skadelike uitvoerende bevele. Hy sê hy hoop sy plaasvervanger sal iemand wees wat nie die land se waardes opoffer nie:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Scheiber, en die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, stel Dinsdag die Grensbestuurs- en Immigrasie Teenkorrupsie-forum in Pretoria bekend. Die inisiatief, na ‘n soortgelyke forum op 8 April verlede jaar, is gemik op die versterking van pogings om korrupsie in die sektor te bekamp. Die forum is in ooreenstemming met die Nasionale Teen-korrupsiestrategie wat belanghebbendes bymekaar bring om korrupsie in grensbestuur en immigrasie hok te slaan.
# Die DA in Tshwane sal oplossings uiteensit vir die stad se begrotingskrisis te midde van toenemende kommer oor eiendomswaardasies wat die hoogte inskiet. Talle inwoners se waardasies het verdubbel, wat tariewe en belasting verhoog. Die DA, gelei deur Cilliers Brink, sê die stad se finansiële probleme onder die ANC-ActionSA-EFF-regering behoort nie ‘n las te wees vir inwoners nie. Jacqui Uys van die DA sê die Tshwane-koukus sal belasting- en tariewe-aanpassings voorstel vir die 2025/2026-boekjaar:
# Pous Franciskus is terug in die Vatikaan nadat hy gister uit die Gemelli-hospitaal in Rome ontslaan is. Die 88-jarige pous is op 14 Februarie in die hospitaal opgeneem en gediagnoseer met ‘n lugweginfeksie en dubbele longontsteking. Hy het sy eerste openbare verskyning gemaak kort voordat hy ontslaan is en ‘n skare mense buite die hospitaal toegespreek. Pous Franciskus se dokters sê hy sal vir ten minste twee maande moet aansterk om sy liggaam tyd te gee om ten volle te herstel.
# Atletiek: Die 23-jarige Prudence Sekgodiso het Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Binnenshuise Wêreldkampioenskap in Nanjing, China, gewen. Sy het die 800 meter vir vroue in ‘n wêreldtyd van een minuut-58,40-sekondes gewen, met Ethiopië se Nigist Getachew tweede en Portugal se Patricia Silva derde. Sekgodiso se goud is die land se tweede medalje by die kampioenskap, wat saam met Akani Simbine se brons in die 60 meter, Suid-Afrika nou in elfde plek op die medaljelys plaas. Dit is die eerste medalje ooit vir ‘n Suid-Afrikaanse vrou by die kampioenskap.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-69-sent teen die euro en 23-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-773-dollar-20-sent. Die prys van goud is drie-duisend-25-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….