Nuus 09:00
BULLETIN 23 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Wes-Kaapse ANC, SAKP en Cosatu reël tuiskomsvierings vir die uitgesette ambassadeur Rasool
# Voice of America se personeel dagvaar Trump oor die sluiting van die netwerk
# En rugby: Bulle beëindig Leinster se reeks oorwinnings in spannende VRK-kragmeting
# Die Wes-Kaapse ANC en sy alliansievennote bied na verwagting vandag ‘n tuisverwelkomingsbyeenkoms aan vir die uitgesette Suid-Afrikaanse ambassadeur Ebrahim Rasool, wat vandag uit Amerika op die Kaapstadse Internasionale Lughawe aankom. Rasool se terugkeer volg nadat hy tot persona non grata verklaar is na politieke geskille oor sy uitlatings oor die VSA. Benson Ngqentsu van die SAKP het aan eNCA gesê Rasool het as ambassadeur sy land goed verteenwoordig:
# ActionSA het sy volle steun toegesê aan die ‘March in March’-beweging, wat vra vir sterker immigrasie-afdwinging. Die betoging, wat vir vandag beplan word, wil ekonomiese geleenthede vir Suid-Afrikaners voorop stel. ActionSA lig sy Spaza-4-Locals-veldtog uit en ingrepe teen buitelands-bestuurde ondernemings. Die beweging se voorsitter in KwaZulu-Natal, Zwakele Mncwango, beskuldig die regering van mislukking met die beheer van onwettige immigrasie, en eis ‘n beleid wat plaaslike ondernemings en werksgeleenthede beskerm:
# Die Gautengse Gemeenskapspolisiëringraad het die wrede moord veroordeel op vier gemeenskapspatolleerders in Soshanguve se Marry Me-informele nedersetting. Die polisie sê die slagoffers is deels verbrand aangetref na ‘n stryery met ‘n groep mans. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die soektog deur voort. Die voorsitter van die raad Thokozani Jacob Masilela doen ‘n beroep op patrolleerders om die regte prosedure te volg om geregistreer te word:
# Joernaliste van Voice of America dagvaar die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie nadat byna 900 werknemers op verlof geplaas en befondsing stopgesit is. Ses joernaliste, onder wie die staats-medianetwerk se voormalige burohoof in die Withuis, Patsy Widakuswara, beweer die sluiting skend spraakvryheidsregte en die Kongres se gesag. Trump se raadgewer, Kari Lake, regverdig dit op grond van vermorsing, bedrog en uitbuiting wat glo algemeen in die agentskap voorkom. Die hofsaak eis die onmiddellike heraanstelling van personeel en beskerming teen politieke inmenging, terwyl VOA grootliks van lyn af bly.
# En rugby: Die Bulle het die voorste span op die punteleer, Leinster, hulle eerste nederlaag van die seisoen toegedien in ‘n spannende Verenigde Rugykampioenskapwedstryd op Loftus. Hulle het die besoekers naelskraap 21-20 geklop. Die Bulle se punte was danksy ‘n drie deur Johan Grobbelaar, met twee strafskoppe deur Keagan Johannes en ‘n strafskop op die nippertjie deur David Kriel. En in Durban het die Haaie ook Zebre van Italië net-net 35 -34 ondergekry. Die Stormers, wat sewende op die punteleer is, het 29-17 teen die Walliese span Scarlets op hulle tuisveld gewen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….