Ekominuut 13:30
BULLETIN 18 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Wêreldbank het kommer uitgespreek oor die wêreldwye onvoldoende besteding aan kritieke waterinfrastruktuur. Water Global se direkteur, Saroj Kumar Jha, het op die 14de Internasionale Waterverenigingskonferensie in Kaapstad gevra vir groter beleggings om langtermyn watersekerheid te verseker. Hy waarsku sonder voldoende befondsing sal baie lande ernstige watertekorte ondervind te midde van klimaatsverandering en bevolkingsgroei, wat die ekonomie en lewensbestaan beïnvloed:
# ‘n Grensverskuiwende studie is aan die gang om vas te stel of rooibos die nadelige uitwerking van blootstelling aan petrochemiese stowwe op petroljoggies kan bekamp. Wetenskaplikes van die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid het die idee ontwikkel na aanleiding van die bedryf se aansienlike beroepsgevare. Die instituut se epidemioloog, Kerry Wilson, sê petroljoggies in Suid-Afrika werk lang ure by vulstasies en asem dikwels gevaarlike petrochemiese dampe in:
# En ten slotte: Die agtste Wêreld-herwinningsdag word vandag gevier om bewustheid te skep oor die belangrikheid van herwinning, en om individue en organisasies aan te moedig om afval te verminder. Vanjaar se tema is: Vier die mag van die Sewende Hulpbron. Die term verwys na materiaal wat herwin is. Volgens die Globale Herwinningstigting word jaarliks 2,1-miljard metrieke ton vaste afval geskep, maar slegs 16-persent word herwin. Herwinning kan teen 2030 meer as ʼn miljard ton koolstofdioksied-vrystellings voorkom.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….