Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 17 Maart 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met krieket: Die Dolphins is die Eendagbeker-kampioen nadat hulle Boland met vier paaltjies verslaan het in die Paarl. Aya Gqamane en Imran Manack het ‘n rekordvennootskap van 96 lopies om die agtste paaltjie gedeel om Boland ‘n stewige totaal van 247 vir agt te gee nadat hulle ingestuur is om eerste te kolf. JJ Smuts het daarna 91 van 111 balle aangeteken en die Dolphins tot 248 vir ses geneem met vyf balle oor om die oorwinning te verseker. Boland het probeer om hul eerste groot titel in 25 jaar te wen.
# Gholf: 2019 se kampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland, speel vandag in Florida teen die Amerikaner JJ Spaun in ‘n uitspeelstryd oor drie-putjies om die wenner van die Spelerskampioenskap te bepaal. ʼn Vertraging van vier ure weens gure weer het gister gekeer dat die PGA-toer se beroemde toernooi afgehandel word. Albei het op 12-onder-syfer klaargemaak. Die Amerikaners Tom Hoge, Akshay Bhatia en Lucas Glover was saam derde.
# Tennis: Die Britse nommer een, Jack Draper, het die Deen, Holger Rune, geklop om die grootste titel van sy loopbaan, die Indian Wells-meesterstoernooi, te wen. Die 23-jarige Draper het in slegs 68 minute 6-2, 6-2 gewen om sy eerste ATP 1000 Meesters-titel op te raap. In die vroueafdeling het die 17-jarige Rus, Mirra Andreeva, haar tweede agtereenvolgende 1000-titel behaal toe sy die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, in die eindstryd verslaan het. Draper sê hy is trots op sy prestasie:
# Motorsport: Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het die Argentynse Grand Prix gewen en sy perfekte begin van die seisoen voortgesit. Die 32-jarige Spanjaard het voor sy broer, Alex Marquez, en Franco Morbidelli klaargemaak om die 90ste sege van sy loopbaan te behaal. Die Suid-Afrikaner, Brad Binder van Red Bull KTM, het sewende geëindig. Marquez sê hy is beïndruk met sy broer wat elke tree van die wedren by hom kon bly:
# En sokker: Newcastle United het die Carabao-beker gewen toe hy die kampioen, Liverpool, in die Wembley-stadion met 2-1 geklop en só ‘n trofeëdroogte van 70-jaar vir ‘n binnelandse toernooi beëindig het. Dan Burn en Alexander Isak het vir die Magpies doele aangeteken, terwyl Liverpool se doel deur Frederico Chiesa aangeteken is. Eddie Howe van Newcastle, die eerste Engelse hoofafrigter sedert 2008 wat ‘n groot toernooi wen – sê hulle was desperaat vir ‘n oorwinning:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….