Nuus 09:00
BULLETIN 15 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika bly toegewy aan die bou van ‘n wederkerige voordelige verhouding met die VSA na die uitsetting van die ambassadeur
# Die DA veroordeel SASSA oor die misbruik van fondse
# En motorsport: Kaapstad of Kyalami gaan bie vir ‘n Formule Een-Grand Prix
# Die Presidensie het kennis geneem van die betreurenswaardige uitsetting van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool. Die administrasie van president Donald Trump het Rasool tot persona non grata verklaar. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio het op sosiale media verklaar dat Rasool ‘n ras-uitlokkende politikus is wat Amerika en president Trump haat. Suid-Afrika se presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê die regering beplan skakeling deur diplomatieke kanale:
# Die DA in die Wes-Kaap het die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap gekritiseer dat hulle ‘n luukse media-inligtingsessie gehou het in plaas van om toelaeverspreiding te prioritiseer. DA woordvoerder Wendy Kaizer-Philander het die deurlopende ondoeltreffendhede by Postbank-persele, met mense wat in lang toue wag en stelselmislukkings uitgewys. Sy het gesê fondse moet gebruik word om dienste te verbeter eerder as om luukse geleenthede aan te bied terwyl 190-duisend SASSA Goue Kaarte nog vervang moet word:
# Eskom sê beurtkrag bly opgeskort, gesteun deur ‘n bestendige elektrisiteitstelsel en genoeg noodreserwes. Die kragnutsmaatskappy sê hy behou hoë vlakke van beplande onderhoud by kragstasies. Dit vorm deel van sy poging om die betroubaarheid van die vloot te verbeter ter voorbereiding van die hoë aanvraag in die winter, terwyl ook voldoen word aan omgewingslisensies en regulasie-vereistes. Die woordvoerder van Eskom Daphne Mokwena sê beplande onderhoud staan tans op ses-duisend-645-megawatt:
# In sy eerste toespraak as Kanadese eerste minister het Mark Carney, te midde van die tariewe- botsing met die Amerikaanse president Donald Trump, gesê negatiwiteit sal nie die handelsoorlog wen nie. Carney sê hy sal Frankryk en Brittanje besoek, maar voeg by hy het tans geen planne om Trump te ontmoet nie. Hy sien egter daarna uit om met hom te praat. Hy het die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Marco Rubio se opmerking dat Kanada die 51ste staat van die VSA sal word “gek” genoem.
# En motorsport: Suid-Afrika sal later vanjaar hoor of Kaapstad of Johannesburg gaan bie om die eerste keer in meer as drie dekades ‘n Formule Een-Grand Prix na Afrika te bring. ‘n Komitee wat die minister van Sport, Gayton McKenzie, aangestel het, sal die keuse maak tussen ‘n straatwedren in die Moederstad of die geskiedkundige Kyalami. ‘n Lid van die komitee, Mlimandlela Ndamase, glo Suid-Afrika sal in 2027 ‘n Grand Prix kan aanbied. Die laaste Grand Prix in Afrika was in 1993 op Kyalami.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….