Ekominuut 13:30
BULLETIN 14 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Kaapstad se Departement van Ontspanning en Parke het ‘n nuwe veldtog, Neem-ʼn-Boom-Aan, bekendgestel. Dit moedig inwoners aan om bome te plant, daarvoor te sorg en aktief by te dra tot die metro se ontwikkeling as stedelike woud. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê die veldtog is in ooreenstemming met die metro se breër visie om bioverskeidenheid aan te moedig, klimaatsweerstandigheid te bou en groener stedelike ruimtes te bevorder:
# Omgewingsbewustes het die Amerikaanse president, Donald Trump, se plan veroordeel om 31 belangrike klimaatsbeleidsrigtings op die lange baan te skuif. Die Omgewingsbeskermingsagentskap het aangekondig hulle gaan alle reëls ophef wat druk uitoefen op kragaanlegte en motorvervaardigers om skoner energie te gebruik. Die Sentrum vir Bioverskeidenheid se Klimaatsreg-instituut sê die Trump-administrasie is vasbeslote om besoedelaars se winste bo menselewens te stel. Die agentskap se woordvoerder, Lee Zeldin, sê hulle voldoen aan die regsorde om verbruikers se keuse en die omgewing te beskerm:
# En ten slotte: Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het ook ‘n Amerikaanse beïnvloeder gekritiseer oor ‘n video waarin sy ‘n wilde buidelmuis van sy beangste ma afneem. Die video het bewaringsdeskundiges ontstel. Albanese het voorgestel Sam Jones moet dit probeer met ‘n dier soos ‘n krokodil wat hulself kan verdedig. Sy is verfilm toe sy die klein diertjie wegneem terwyl die ma agterna hardloop. Buidelmuise is ‘n beskermde spesie in Australië. Babas het ‘n sterk verbintenis met hulle ma’s en enige verwydering kan spanning veroorsaak en die diertjie seermaak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….