Nuus 18:00
BULLETIN 13 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SAOG beëindig sy militêre sending in die DRK
# Die ANC wil die BTW-vrye mandjie vergroot om voedselonsekerheid te verlig
# En ‘n biografiese rolprent oor Tiger Woods is onderweg
# Die Suider-Afrika-Ontwikkelingsgemeenskap het besluit om sy militêre ontplooiing in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo te beëindig na swaar ongevalle. ‘n Gefaseerde onttrekking van soldate is bevestig tydens ‘n virtuele beraad. Die sending het in Desember 2023 begin om die streek weer bestendig te kry, maar het toenemende ongevalle meegebring, insluitend 14 Suid-Afrikaanse soldate. Angola het intussen aangekondig vredesonderhandelings tussen die DRK en die M23-rebelle begin volgende week in Luanda.
# Die ANC gee voorkeur aan die uitbreiding van die BTW-vrye mandjie om voedselonsekerheid te voorkom en minderbevooregdes teen stygende lewenskoste te beskerm. Hierdie voorstel word vervat in die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begroting. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die ANC se verbintenis beklemtoon om die werkersklas te beskerm teen ekonomiese ujitdagings:
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, het Suid-Afrika aangemoedig om kunsmatige intelligensie te omhels vir inklusiewe groei. Hy het op ‘n beraad in Boksburg die noodsaaklikheid van tegnologie beklemtoon om maatskaplike uitdagings aan te pak. Nzimande vra ook wetenskapsgebaseerde bestuur en waarsku teen die uitlek van intellektuele eiendom. Hy vra dat meer leerders belangstelling in Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde sal toon vir toekomstige geslagte:
# Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, het twee veranderings aan sy opdrafspan aangebring vir Saterdag se laaste Sesnasieswedstryd teen Frankryk in Parys. Jonny Gray skuif na die bank om op slot plek te maak vir Gregor Brown, en Matt Fagerson vervang die beseerde Jack Dempsey in die nommer agt-trui. Fagerson se broer, Zander, is ‘n stut in die beginspan. Skotland het twee van sy vorige vier wedstryde verloor en is vierde op die punteleer na Frankryk, Engeland en die verdedigende kampioen, Ierland.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-92-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-213-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-953-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-23-sent per vat.
# En laastens, Amazon MGM Studios werk aan ‘n biografiese rolprent oor die lewe van die 15-malige Major-gholfkampioen, Tiger Woods. Dit is ‘n aanpassing van Kevin Cook se biografie, The Tiger Slam. Die prent fokus op Woods se grootste prestasie toe hy in 2000 die Amerikaanse en Britse Ope en die PGA-kampioenskap gewen het asook die 2001 Meesters om vier major trofees op ‘n streep in te palm. Higher Ground Productions, wat deur die voormalige Amerikaanse president Barack Obama en sy vrou, Michelle, gestig is, is besig om te onderhandel oor die vervaardiging van die rolprent saam met Winkler Films.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….