Nuus 11:00
BULLETIN 13 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum sê die BTW-verhoging is verregaande
# Die Verenigde Nasies sê vier uit tien slagoffers van mensehandel wêreldwyd is kinders
# En tennis: Alcaraz is stewig op koers na ‘n derde oorwinning in Indian Wells
# AfriForum sê die regering se weiering om besnoeiings in te stel, ondanks wydverspreide teenstand teen die verhoging in BTW, sal nou ernstige druk plaas op alle Suid-Afrikaners. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het BTW met 0,5-persentasiepunte verhoog vir vanjaar sowel as volgende jaar. Louis Boshoff van AfriForum sê die regering het eenvoudig voorstelle ignoreer oor uitgawe-besnoeiings, insluitend die verkleining van die kabinet en die privatisering van staatsinstellings:
Die openbare belange-regsentrum SECTION27 sê die begroting is nie oortuigend nie ondanks die welkome verhoogde toekennings vir onderwys, gesondheid en maatskaplike beskerming. Woordvoerder Matshidiso Lencoasa wys op die belangrikheid om grondwetlike regte te beskerm, veral vir minderbevoorregte gemeenskappe. Sy het ook kommer uitgespreek oor die beplande BTW-verhogings en waarsku dit kan kwesbare Suid-Afrikaners negatief raak:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement worstel om die 1,4-miljard-rand te vervang wat verlore gegaan het met USAID se onttrekking van fondse. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie het 83-persent van USAID se programme wêreldwyd opgeskort en sê dis nie in ooreenstemming met sy agenda van “Amerika Eerste” nie. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê daar is nie ‘n begroting of alternatiewe befondsingsbronne of vennootskappe om te vergoed vir die verlies nie. Sy sê die afdelings wat negatief geraak word sluit in MIV-toetsing, berading en menslike hulpbronne.
# Die Verenigde Nasies sê handeldryf in kinders bly steeds ‘n misdaad met lae koste en lae risiko, maar hoë wins wat jaarliks miljarde inbring. Volgens die jongste internasionale verslag oor mense-handel maak kinders 38-persent van slagoffers wêreldwyd uit, met ‘n aansienlike toename onder meisies. Die spesiale verteenwoordiger van die VN se sekretaris-generaal vir Geweld teen Kinders, Najat Maalla M’jid, sê misdaadleiers gebruik kunsmatige intelligensie om hulle uitgawes te verlaag en die waarskynlikheid van opsporing te verminder:
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, is die vierde agtereenvolgende jaar deur na die kwarteindronde van die Indian Wells-meesterstoernooi. Die Spanjaard het Grigor Dimitrov van Bulgarye verslaan en speel volgende teen Francisco Cerundolo van Argentinië. Alcaraz hoop om die toernooi ‘n derde keer te wen. Die 22-jarige Ben Shelton het sy Amerikaanse landgenoot Brandon Nakashima verslaan en die jongste plaaslike speler in 21 jaar geword om die kwarteind te haal. Die Rus Daniil Medvedev en Jack Draper van Brittanje is ook deur na die laaste agt.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-98-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-199-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-935-dollar-13 per fynons en die prys van Brent-ruolie is 70-dollar-63-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….