Nuus 09:00
BULLETIN 13 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê Suid-Afrikaners word gestraf vir die mislukkings van die verlede
# Sadou sê die Gautengse Onderwysdepartement moet seker maak leerdervervoer is veilig
# En die EU stel teenmaatreëls in teen Trump se tariewe
# Die Vryheidsfront Plus sê hoewel Suid-Afrika hom in ‘n reuse-finansiële krisis bevind, is dit kortsigtig om te dink dat die verhoging in staatsinkomste deur belastingverhogings genoeg is om die begrotingstekort aan te spreek. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het sy hersiene begroting gister ingedien en BTW met 0,5-persentasiepunte oor die volgende twee jaar verhoog. Wouter Wessels van die VF Plus sê belastingbetalers wat reeds oorbelas word, moet nie gestraf word vir mislukkings van die verlede nie:
Op sy beurt sê COPE die regering se besluit om belasting op toegevoegde waarde met 0,5-persent te verhoog verstewig die ANC se verloning van Suid-Afrikaners wat sukkel. Godongwana sê die voorgestelde BTW-verhogings sal 13,5-miljard-rand in 2025/2026 inbring en 30-miljard-rand in 2026/2027. COPE sê die begroting beskerm die ryk elite terwyl dit hoop vir armes verpletter, ongelykheid vererger en die gebrek aan vertroue tussen burgers en die regering verdiep.
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê daar is ‘n dringende behoefte vir die Gautengse Onderwysdepartement om veiligheidsmaatreëls vir leerdervervoer te verbeter. ‘n Ongeluk op die N12 in Daveyton Ekurhuleni waarby verskeie voertuie betrokke was het Maandag die lewens van vier leerders geëis. Woensdagoggend is 19 laerskoolleerders beseer in’n ongeluk waarby ‘n bus vir leerders en ‘n vragmotor betrokke was, ook in Ekurhuleni. ‘n Woordvoerder van Sadou, Nomusa Cembi, sê die departement moet onmiddellik berading aan al die leerders verskaf:
# Die Europese Unie sê in reaksie op die Amerikaanse tariewe op staal- en aluminiuminvoere dat hy ooreenstemmende teenmaatreëls op Amerikaanse invoere gaan instel. Die VSA het van Woensdag af ‘n 25-persent tarief op staal- en aluminiuminvoere ingestel. Amerika is die tweedegrootste uitvoermark vir Europese vervaardigers wat 16-persent van sy totale uitvoere verteenwoordig. Die president van die EU, Ursula von der Leyen sê die tariewe ontwrig verskaffingskettings en bring onsekerheid in die ekonomie:
# Sokker: Die verdedigende kampioene in die Kampioeneliga Real Madrid is deur na die kwarteindstryd nadat hulle Atletico Madrid 4-2 met strafdoele geklop na ‘n 2-elk algehele gelykopstryd in die laaste 16. Madrid kom in die laaste agt te staan teen die Premierligaspan Arsenal, nadat hulle hulle kanse behou het vir ‘n rekord-verlengende 16de Kampioeneligabeker. Arsenal en PSV Eindhoven het met 2-elk gelykop gespeel in die tweede been maar deurgedring na die kwarteindstryd met ‘n algehele 9-3. Aston Villa en Borussia Dortmund is ook deur na die laaste agt.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-33-sent teen die dollar, 19-rand-95-sent teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-588-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-945-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 70-dollar-64-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….