Nuus 17:00
BULLETIN 12 Maart 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Nasionale Drankhandelaars veroordeel die aksyns- en BTW-verhoging
# Cosatu verwerp die BTW-verhoging in die begroting
# En die DA eis volledige agtergrond-ondersoeke na opvoeders namate die aantal seksuele oortreders styg
# Die Nasionale Drankhandelaars veroordeel die regering se aksynsbelasting-verhoging van bo inflasie en die verhoging in BTW, en waarsku oor ernstige gevolge vir taverne-eienaars en verbruikers. Die raad se sameroeper, Lucky Ntimane, sê die stygende koste sal meer mense na die onwettige drankbedryf lok, wat jaarliks reeds meer as 20-miljard-rand beloop. Hy vra die regering om ‘n bestendige belasting-regime in te stel en eerder toe te slaan op vervalste drank. Ntimane sê die beskerming van wettige ondernemings sal 500-duisend werksgeleenthede help beskerm en ekonomiese groei steun.
Cosatu is gekant teen die begroting en verwerp die beplande verhoging in BTW van 15- tot 16-persent oor die volgende twee jaar. Die vakbondfederasie voer aan dit sal verdere finansiële druk op werkers plaas. Cosatu verwelkom ‘n verhoging in besteding aan openbare dienste, infrastruktuur en maatskaplike toelaes, maar vra beter belastingtoepassing en progressiewe inkomste-keuses. Die organisasie versoek die Parlement om die begroting te wysig, en verwerp ‘n beleid wat armes belas en rykes bevoordeel.
# Die DA vra dat ondersoek dringend ingestel word na alle skoolpersoneel nadat die aantal seksuele oortreders in Gautengse skole van vier tot 12 toegeneem het. Die DA-lid, Michael Waters, sê ondanks pogings om personeel se agtergrond na te gaan, is slegs nege-persent van die vereiste 86-duisend-367 werknemers nagegaan. Waters versoek die Gautengse Onderwysdepartement om die ondersoeke te voltooi om leerders te beskerm en oortreders te verwyder en op die swartlys te plaas:
Die Wes-Kaapse skooltoegangsaansoeke vir 2026 het intussen begin, met 43-duisend-727 aansoeke wat reeds vir Grade R, 1 en 8 ingedien is. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, moedig ouers aan om voor die sperdatum van 15 April aansoek te doen om plasing te verseker. Hy beklemtoon dat vroeë aansoeke hulle help om te beplan:
# Olimpiese Spele: Netbal gaan voort om druk uit te oefen vir toelating tot 2032 se Spele in Brisbane, Australië. Verteenwoordgers van Wêreld-netbal en Netbal Australië het ‘n virtuele vergadering met die organiseerders gehad waar die moontlike insluiting van die sport bepreek is. Uitvoerende hoof Fiona Harold sê die wêreldliggaam het reeds ‘n uitvoerbaarheidstudie aangevra en verskeie rolspelers geraadpleeg. Hulle glo dat insluiting die Olimpiese beweging sal versterk en ‘n noemenswaardige uitwerking sal hê op netbal se kernstrategieë van groei, speel en inspireer.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-41-sent teen die dollar, 20-rand-6-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-367-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-908-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….