Nuus 14:00
BULLETIN 12 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Voormalige uitvoerende hoof van Absa gaan onskuldig pleit aan moord op sy vrou
# Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die Departement van Verdeging het dringende herstrukturering nodig
# En motorsport: Cadillac het oorgenoeg renjaers om uit te kies vir volgende jaar se F1-seisoen
# ‘n Voormalige uitvoerende hoof van Absa wat aangekla word van moord op sy vrou, moet op 13 Mei na die Landdroshof in Somerset-Wes, Kaapstad, terugkeer. Die 54-jarige Jacques Pretorius is Maandag in hegtenis geneem nadat sy vrou van ses-maande, Sherri-Ann Jacobs, in 2021 dood is in hul huis in die Strand. Haar dood is aanvanklik as selfdood beskou, maar ‘n mediese ondersoek het bevind sy is verwurg. Pretorius beoog om onskuldig te pleit op aanklagte van moord met voorbedagte rade en regsverydeling. Hy is borgtog van vyf-duisend-rand toegestaan.
# Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die Departement van Verdediging en Militêre Veterane moet dringend geherstruktureer word. Die Verdedigingsbegroting is in die kollig voor die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingrede vandag. Die ISS se stigter, Jakkie Cilliers, waarsku dat jare se onderbefondsing die Weermag se paraatheid verswak het. Cilliers vra ‘n fokus op vredeshandhawing, polisie-ondersteuning en noodreaksie, eerder as op streeksverdediging. Hy kritiseer ook die hoë personeelkoste en vra ‘n jonger, meer bekwame magstruktuur.
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het die drastiese kostebesparingsmaatreëls van die Departement van Korrektiewe Dienste bevestig. Dit het ‘n regstreekse invloed op die voer van diere in die land se 21 landbou-korrektiewe sentrums. Die DBV se woordvoerder, Jacques Peacock, sê die diere sluit in varke, melkkoeie, pluimvee, perde in die berede eenheid en honde in die honde-eenheid. Hy sê hulle ondervind nou kritieke voedseltekorte:
# Motorsport: Cadillac het minstens ses bestuurders om uit te kies wanneeer hy volgende seisoen na Formule Een terugkeer. Cadillac sal die sport se elfde span wees nadat hy verlede week amptelike goedkeuring ontvang het. Spanhoof Graeme Lowdon sê die twee renjaers op wie besluit word, sal op meriete gekies word, met al ses wat uiters goeie kandidate is. Die president van F1 se beheerliggaam, die F-I-A, Mohammed Ben Sulayem, sê die uitbreiding na elf spanne is ‘n belangrike mylpaal en Cadillac se teenwoordigheid sal toekomstige mededingers en aanhangers inspireer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-37-sent teen die dollar, 20-rand-5-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-450-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-913-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-99-sent per vat.
# En ten slotte: Navorsing deur Wits Universiteit dui aan dat meer as die helfte van Suid-Afrika se gebottelde drankies binnekort waarskuwingsboodskappe vir hoë suikerinhoud en/of kunsmatige versoeters sal moet vertoon. Die land voer ‘n stryd met stygende diabetes-gevalle. Volgens navorsing oorskry 21,4-persent van drankies die suikerperk, terwyl 49,8-persent kunsmatige versoeters bevat. Die universiteit se navorser, Siphiwe Dlamini, moedig die regering aan om natuurlike suikervlakke in regulasies aan te dui om te verseker dat verbruikers ingeligte besluite neem:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….